Jeug Alpha – Snr.

Jeug Alpha

Jeug Alpha – Seniors

Ons gemeente het die Alpha kursus al ‘n hele paar keer met groot sukses aangebied, soos ek glo baie van julle ook al gedoen het. In 2015 het ons ervaar die Heilige Gees wil hê dat ons die Alpha kursus met ons Jeug moes doen.

Die Jeug materiaal is egter net in Engels beskikbaar. ‘n Groep van die EPIC Leiers het begin om die materiaal  in Afrikaans te vertaal en aan te pas om by die kultuur van ons kinders te pas. Die geestelike groei onder die kinders was amazing gewees!. Hierdie materiaal is geskik vir die Graad 7-12 groep.

Alpha Opleiding:

Alpha volg ‘n baie eenvoudige struktuur – grootgroep met kleingroepies – soos ons al ons lesse doen. Elke groep het hulle eie groepleier met ‘n fasiliteerder vir die grootgroep. Besprekings gebeur in die kleingroepe en terugvoer word dan in die grootgroep gegee.

Die formaat bestaan uit ‘n video wat tydens elke sessie gespeel word. Gedurende die video is daar vrae wat binne die groepe beantwoord word, so die video word ‘gepause’ terwyl die groepe die vrae bespreek en dan terugvoer gee. Wanneer die video klaar is volg daar nog ‘n redelike bespreking.

Elke groep begin ook met ‘n ysbreker wat die ‘inleiding’ tot die tema van die aand is. Hieronder is drie videos wat jy as deel van jou voorbereiding tot die Alpha-kursus kan gebruik.

INLEIDING:

Die reeks begin met ‘n inleiding en die vraag – Is daar meer aan die lewe as net dit? Episode 1 word tydens die inleiding gebruik.

Jeug Alpha – Inleiding

Ysbreker – Truth or Dare

Uitdeelstuk – 2 paaie

SESSIE 1:  Wie is Jesus?

In hierdie sessie gesels ons oor Wie Jesus is. Wanneer ons oor Jesus praat, praat
ons gewoonlik oor wat Hy vir ons kom DOEN het, maar ons staan eintlik baie min stil by
wie Hy IS. Episode 2 word tydens hierdie sessie gebruik.

Jeug Alpha -Sessie 1 – Wie is Jesus?

Prente van bekende mense

Uitdeelstuk – Prentjie van Jesus

SESSIE 2: Hoekom moet Jesus sterf?

In hierdie sessie gesels ons oor die lewensbelangrike vraag: HOEKOM moet Jesus sterf? Episode 3 word tydens hierdie sessie gebruik.

Jeug Alpha – Sessie 2 – Hoekom moes Jesus sterf?

Ysbreker – Hoekom speletjie

Uitdeelstuk – Sessie 2 – Die 4 dames

SESSIE 3: Hoe kan ek geloof hê?

Dit is moeilik om van enige iets absoluut seker te wees, is dit nie? In hierdie sessie gesels ons oor hoe dit moontlik is om absoluut seker te wees van ons geloof. Episode 4 word tydens hierdie sessie gebruik.

Jeug Alpha – Sessie 3 – Hoe kan ek geloof he?

Uitdeelstuk – Sessie 3 – Swembad Illustrasie

Uitdeelstuk – Drie – Eenheid

SESSIE 4: Hoe ek waarom moet ek bid?

Wanneer ons iemand goed ken, is dit maklik en lekker om met daai persoon te
gesels, want ons is gemaklik met mekaar en weet waaroor om te gesels. Wanneer ons iemand nie so goed ken nie, is dit nie altyd so maklik om met hulle te gesels nie. Baie van ons ken God nie so goed nie, want ons het nie ‘n verhouding met Hom nie, en daarom weet ons nie WAT en HOE om te bid nie. In hierdie sessie gaan ons bietjie daarmee help. Episode 5 word tydens hierdie sessie gebruik.

Jeug Alpha – Sessie 4 – Hoe en waarom moet ek bid?

Uitdeelstuk – Gebed

SESSIE 5: Hoe lees ek die Bybel?

Laat instruksies jou voel asof jy beheer word of vind jy dit nuttig? In hierdie sessies gaan ons bietjie stilstaan rondom die Bybel. Ons vra die vraag Waarom en hoe moet ek die Bybel lees? Episode 6 word tydens hierdie sessie gebruik.

Jeug Alpha – Sessie 5 – Hoe lees ek die Bybel?

Speletjie – Staan dit in die Bybel?

Boekmerk – Riglyne om jou Bybel te lees?

SESSIE 6: Hoe lei God my?

In hierdie sessie kyk ons na die verskillende maniere wat God ons lei om besluite te neem, en Sy wil te doen. Episode 7 word tydens hierdie sessie gebruik.

Jeug Alpha – Sessie 6- Hoe lei God my?

HEILIGE GEES NAWEEK:

Op hierdie punt van die kursus het julle ‘n naweek nodig om die kinders met die volgende tema te bedien, die Heilige Gees. Kampe is baie duur, so ons het dit sommer by die kerk gehou. Ons het Sessie 1 die Vrydagaand gedoen, Sessie 2 die Saterdagoggend en Sessie 3 die Saterdagmiddag.

Sessie 1: Wie is die Heilige Gees?

Die Heilige Gees is vir baie mense soos hierdie groot raaisel. In hierdie sessie probeer ons om die vraag: Wie is die Heilige Gees? op ‘n eenvoudige manier te antwoord om die raaisel vir die kinders op te los. Episode 8 word tydens hierdie sessie gebruik.

Heilige Gees naweek – Graad 7 – 12 – Sessie 1 – Wie is die Heilige Gees?

Sessie 2: Wat doen die Heilige Gees?

Die Heilige Gees is vir ons as gelowiges onontbeerlik in ons daaglikse wandel met God. In hierdie sessie verduidelik ons die funksies en die doel van die Heilige Gees aan die kinders.

Heilige Gees naweek – Graad 7 – 12 – Sessie 2 – Wat doen die Heilige Gees?

Sessie 3: Hoe kan ek gevul word met die Heilige Gees?

Baie mense is bang wanneer ons begin praat van gevul word met die Heilige Gees, want hulle verstaan nie hoe dit werk nie. In hierdie sessie antwoord ons die vraag: Hoe kan ek gevul word met die Heilige Gees? Episode 9 word tydens hierdie sessie gebruik.

Heilige Gees naweek – Graad 7 – 12 – Sessie 3 – Hoe kan ek gevul word met die Heilige Gees?

SESSIE 7: Hoe kan ek die bose weerstaan?

Tot dusver het ons gefokus op al die mooi dinge. God se liefde, dat Hy in `n verhouding met ons wil staan en Sy leiding deur die Gees, ens. Maar as ons om ons rond kyk, na die wêreld om ons en selfs dinge in ons eie lewe, moet ons erken dat daar “evil” in die wêreld is. In hierdie sessie kyk ons na die “evil” en hoe ons dit moet identifiseer en weerstaan. Episode 10 word tydens hierdie sessie gebruik.

JEUG ALPHA- Sessie 7 – Hoe kan ek die bose weerstaan?

Uitdeelstuk – Hoe kan ek die bose oorwin?

SESSIE 8: Hoe kan ek ander vertel?

Die lesse “Hoe kan ek ander vertel?”, en “Wat van die kerk?” is in die gids een les. Ons het besluit om dit oor twee lesse te doen, en “Genees God vandag nog?” tussen-in te doen. Julle kan dit egter doen soos dit vir julle die beste werk. Episode 12 word tydens hierdie sessie gebruik.

Sessie 8 – Hoe kan ek ander vertel

SESSIE 9: Genees God vandag nog?

Die medisie kennis wat ons vandag het is `n geskenk van God af, maar daar is ook `n ander manier hoe ons genesing kan kry en dit is deur gebed. Nou vra julle seker, maar genees God vandag nog, kom kyk saam met ons na die antwoord. Episode 11 word tydens hierdie sessie gebruik.

Sessie 9 – Genees God vandag nog?

Ysbreker 2 – First Aid

SESSIE 10: Wat van die kerk?

Die kerk is ‘n interkonnekte groep mense, wat verbind is deur hulle verhouding met God en met mekaar. In die sessie kyk ons na die kerk. Episode 12 word tydens hierdie sessie gebruik.

Jeug Alpha – Sessie 10 – Wat van die kerk

VRUGTE VAN DIE GEES en GAWES VAN DIE GEES:

Ons het na die Heilige Gees naweek beleef dat ons net aan die vrugte van die Gees en die Gawes van die Gees geraak het. Ons het ‘n ekstra les oor elkeen na die Heilige Gees naweek gedoen.

VRUGTE VAN DIE GEES:

Jeug Alpha – Vrugte van die Gees

Vrugte vd gees vrae

LEIDRADE

Die prente wat ons gebruik het, is gratis van die die webtuiste ministry-to-children.com afgelaai. Hulle is werklik pragtige, eenvoudige uitbeeldings van die verskillende vrugte.

faithfulness

gentleness

goodness

joy

kindness1

Love

patience

peace

self-control

GAWES VAN DIE GEES:

Hierdie les oor die gawes van die Heilige Gees behandel elke gawe inleidend en nie in diepte nie.

Jeug Alpha – Gawes van die Heilige Gees

Volg die skakel hieronder na ons ander Sondagskool lesse: 

https://algoagemeenskapskerk.wordpress.com/category/sondagskool-lesse-snr/

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s