Sondagskool Lesreeks: Begin van ‘n nuwe jaar Snr.

nuwe jaar - groot

AGTERGROND: Sondagskool lesse bestaan uit lesse vir Juniors en Seniors. Lesse vir die Juniors is vir Graad 4-6 geskryf en vir Seniors vir Graad 7-12. Lesse word in kleingroep-verband binne ‘n grootgroep aangebied. ‘n Fasiliteerder lei die grootgroep met leiers in die kleingroepe. Senior Sondagskool lesse bestaan uit EPIC lesse asook Sondagskool lesse.

Lesreeks: Begin van ‘n nuwe jaar 

Soos ‘n mens met ‘n nuwe jaar begin, is dit altyd goed om op die ou jaar te reflekteer en jou prioriteite vir die nuwe jaar in orde te kry. Dis presies wat hierdie reeks vir die eerste kwartaal van ‘n nuwe jaar doen.

In hierdie reeks behandel ons die volgende temas:

  1. Sirkel
  2. Dankbaarheid
  3. Nuwe jaar, nuwe prioriteite
  4. Liefde
  5. Meet
  6. Die geskenk van Verlossing
  7. Lewende geraamtes
  8. Leeg

SONDAGSKOOL LES 1: Sirkel

Hierdie les daag die jongmense uit om te kyk hoe na hulle op die oomblik aan Jesus leef.

1. SONDAGSKOOL LES – Sirkel

SONDAGSKOOL LES 2: Dankbaarheid

Die doel van hierdie les is om terug te kyk op die jaar wat verby is en raak te sien wat God vir hulle gedoen het.

2. SONDAGSKOOL LES – Dankbaarheid

SONDAGSKOOL LES 3: Nuwe jaar, nuwe prioriteite

In hierdie les kyk die jongmense na hulle prioriteite in die lewe en meet dit dan aan God se standaard.

3. SONDAGSKOOL LES – Nuwe jaar nuwe prioriteite

SONDAGSKOOL LES 4: Liefde

Hierdie les kyk na God se liefde en wat Sy liefde vir ons beteken.

4. SONDAGSKOOL LES – Liefde

SONDAGSKOOL LES 5: Meet

Jongmense leer dat hoe en waarmee hulle dinge in die lewe meet baie belangrik is, en dat verkeerde ‘mates’ slegte gevolge kan hê.

5. SONDAGSKOOL LES – Meet

5. Meet – Ysbreker – measuring up

SONDAGSKOOL LES 6: Die geskenk van Verlossing

Die evangelie word die “Goeie Nuus” genoem, en ons behoort opgewonde te wees om dit met ander te deel. Tog is Evangelisasie vir baie nie meer iets om oor opgewonde te raak nie. Die vraag is nou of ons bang is om dit te doen en of ons opgewonde is om die Goeie Nuus met ander te deel?

6. SONDAGSKOOL LES – Die geskenk van Verlossing

SONDAGSKOOL LES 7: Lewende geraamtes

Kan God dit wat droog en dood is weer lewendig maak?

7. SONDAGSKOOL LES – Lewende geraamtes

7. Lewende geraamtes – Skeleton

SONDAGSKOOL LES 8: Leeg

Hierdie les gebruik eiers om die Paasboodskap van die graf wat leeg is opwindend en anders te vertel, terwyl jy ook kyk hoe die dissipels van Jesus moes gevoel het daardie oggend toe hulle by die leë graf kom.

8. SONDAGSKOOL LES – Leeg

Volg die skakel hieronder na ons ander Sondagskool Lesse:

https://algoagemeenskapskerk.com/category/sondagskool-lesse-snr/

 

 

One comment

Leave a comment