#Sleutelgedagtes: 16 dae van Aktivisme teen geweld teen vroue en kinders

Die Internasionale veldtog, 16 dae van Aktivisme teen geweld teen vroue en kinders word elke jaar van 25 November tot 10 Desember gehou om bewusmaking te kweek vir die lot van vroue en kinders wat slagoffers van geweld is.

16-Dae-des-16

Doelwitte van die veldtog:

  • Kombineer tegnologie, sosiale media, die kunste, joernalistiek, geloof, kultuur, besigheid en aktivisme om die aandag op die verskillende maniere wat geweld mense in ons gemeenskappe beïnvloed te fokus.
  • Verseker massa-mobilisasie van alle gemeenskappe om die kollektiewe verantwoordelikheid om te veg teen geweld te bevorder.
  • Moedig die samelewing aan om te erken dat geweld teen vrouens en kinders nie ‘n regeringsprobleem of ‘n uitvloeisel van die kriminele regstelsel is nie, maar ‘n samelewingsprobleem en dat die onvermoë om dit in te sien, alle ander pogings om dit te verminder laat faal.
  • Beklemtoon die feit dat die oplossing by ons almal lê.

Wat is geweld teen vroue en kinders?

B3WO69NCcAAj6pd

Geweld neem verskeie vorme aan, byvoorbeeld:

  • Fisiese geweld in die vorm van huishoudelike geweld, geweldsmisdaad, soos moord, diefstal, verkragting en aanranding.
  • Emosionele geweld en trauma, waaraan vroue en kinders onderwerp word in hul huise, by die werk, by skole, in ons strate en in ons gemeenskappe.
  • Die geweld van armoede, hongersnood, vernedering en agteruitgang, vernaam waar vroue en kinders betrokke is. Armoede, ongelykheid en werkloosheid is omstandighede waar geweld floreer.

Wys jou ondersteuning:

  • Raak as ‘n vrywilliger betrokke by NGO’s of ander gemeenskapsgebaseerde groepe wat kinders en vrouens ondersteun.
  • Baie liefdadigheidsorganisasies het hulp nodig van die publiek. Stel jou tyd beskikbaar of maak ‘n finansiële bydrae.
  • Gebruik jou vaardighede of kennis om slagoffers van geweld te help.
  • Verhef jou stem en lig jou opinie oor vroue- en kindermishandeling.
  • Bemoedig slagoggers deur hulle aan te moedig om daaroor te praat en hulp te kry.
  • Rapporteer kindermishandeling aan die polisie.
  • Moedig kinders aan om boelies by die skool te rapporteer.
  • Mans en seuns word ook aangemoedig om te praat oor mishandeling en om ander af te raai wat sulke gedrag openbaar.
  • Kry hulp as jy emosionele, fisiese of seksuele geweld teenoor jou vrou of kinders openbaar. Skakel Stop Gender Based Violence se hulplyn (0800 150 150).
  • Praat met vriende, familie of kollegas om ‘n standpunt in te neem teen geweld teen vrouens en kinders.
  • Probeer verstaan hoe jou eie ingesteldheid en aksies moontlik seksisme en geweld kan vererger.
  • Versprei die boodskap op sosiale media deur #16Days #Badisa te gebruik.

Wette wat ons beskerm:

  • Die Wet op die Bekamping van Huishoudelike Geweld van 1998
  • Die Kinderwet van 2005
  • Die Wet op Onderhoud van 1998
  • Die Wet op die Bevordering van Gelykheid en die Voorkoming van
  • Onbillike Diskriminasie van 2000
  • Die Wysigingswet op Strafreg (Seksuele misdrywe en ander aangeleenthede) van 2007

https://www.badisa.org.za/be-informed/blog/badisa-s-16-dae-emotikon-kom-ons-staan-saam-teen-geweld

Wat het dit met ons te doen?

2e1ax_simplistic_entry_Nov-Banner-afr

Baie van julle sal dalk voel dat hierdie onderwerp niks met die kerk te doen het nie, maar ons as God se kinders het beslis ‘n rol hierin te speel. Wanneer die kerk se stem oor belangrik kwessies in ons samelewing stilword is ons in die moeilikheid!

Dis moeilik, ja ons weet, en ons weet ook nie altyd HOE nie, maar dis nie ‘n rede om ander pad te kyk en niks te doen nie. Bemagtig jouself, jou  vrywilligers en die kinders waarmee jy werk. Dis skokkend om in hierdie tyd waarin ons leef te sien hoe kinders nie bemagtig word rondom hierdie onderwerp nie!

Lees op daaroor, bid vir wysheid oor hoe julle gemeente daarby betrokke kan raak, en nee, dit hoef nie spesifiek in hierdie tyd te wees nie. Ons glo dat dit wel belangrik is om die onderwerp êrens in die jaar aan te raak.

Gratis hulpbron: Drie hoera’s vir Denver

cover IDEE 1.indd

Hier is ‘n lieflike hulpbrone wat dalk mag help. LAPA-uitgewers en die bekroonde skrywer Wendy Maartens het pas aangekondig dat die prenteboek Drie hoera’s vir Denver gratis in PDF-formaat as deel van die veldtog 16 dae van aktivisme teen geweld teen vroue en kinders beskikbaar gestel word. Dis in Afrikaans, Engels, Xhosa en Zulu beskikbaar.

“Drie hoera’s vir Denver vertel die aangrypende verhaal van ‘n seuntjie met die naam Denver wat baie mooi kan sing, maar begin hakkel nadat sy ma se kêrel by hulle kom bly. Die storie wys op ‘n deernisvolle manier hoe dinge uiteindelik beter word nadat Denver die moed bymekaarskraap  om sy ma en sy sangjuffrou te vertel dat dinge nie reg is by die huis nie.

’n Sensitiewe verhaal wat kinders leer om nie stil te bly of skuldig te voel oor mishandeling nie. Die boek bevat ook praktiese wenke vir kinders en ouers.

Die boek kan gratis in Afrikaans by die volgende skakel afgelaai word:

https://www.lapa.co.za/KH_GratisStudieGidse/Token/ViewInfo/ItemId/27/Drie-Hoeras-vir-Denver-Afrikaans

My Klaskamer:

Soos altyd het Juffer ook oulike, praktiese hulpbronne rondom die onderwerp. Gaan loer gerus daarna by die volgende skakel:

https://myklaskamer.com/2017/11/25/16-dae-2/

Aanmelding van misdrywe teen kinders:

Hierdie is ‘n onsettende belangrike saak en ons moet seker maak dat ons en die mense wat saam met ons in jeugbedienings staan weet wat ons rol en verantwoordelikheid is. Lees gerus meer oor die onderwerp op ons Blog deur die skakel hieronder te volg:

https://algoagemeenskapskerk.wordpress.com/2017/07/22/sleutelgedagte-aanmelding-van-misdrywe-teen-kinders/

Volg die skakel hieronder na ons ander #Sleutelgedagtes:

https://algoagemeenskapskerk.com/category/sleutelgedagtes/

Leave a comment