Kinderkerk: Aanbiedings Hulpmiddels

aanbied - groot

As jy Kinderkerk aanbied sal jy weet dat kinders van verskeidenheid hou. Die beste manier om hulle aandag te hou en week na week te laat terugkom is die ‘onvoorspelbare’, die “element of surprise”.

DIT werk soos ‘n droom by al ons jeugbediening-groepe. Woensdagaande is die eerste ding wat by die kinders se monde uitkom nie, ‘hello tannie’ nie, maar WAT DOEN ONS VANAAND. En DIT word met GROOT afwagting gevra. Ons antwoord bly natuurlik altyd dieselfde….. julle sal maar moet wag en sien. Ons probeer om die kinders altyd aan die raai te hou en hulle met afwagting te laat terugkom.

Hier is so paar oulike aanbiedings hulpbronne vir Kinderkerk wat ons graag met julle wil deel. Onthou dat alles wat die moeite werd is tyd en moeite vat – so ook die materiaal vir jou Kinderkerk.

Aanbiedings hulpmiddels:

Poppe:

esquema corporal                                                                                                                                                                                 Más

Ons almal ken die tradisionele handpoppe, vingerpoppe en bekkie-poppe. Hierdie hulpbron vat poppe na ‘n heel nuwe vlak. Dis poppe kan jy uit karton of materiaal maak, soos jy tyd, vaardigheid en finansies jou toelaat.

Die doel van die pop is om dit op jou voete en aan jou hande vas te maak, sodat die pop saam met jou kan beweeg soos jy jou les aanbied.

10931213_799545993465688_1613553457230877841_o

Hier is ongelukkig die enigste webtuiste met instruksies wat ons kon opspoor. Jy kan die templates met ‘n bietjie kreatiwiteit aanpas om ander poppe ook te maak.

Marionete gigante

https://blogdaebi.blogspot.co.za/2015/05/marionete-gigante.html

Voorskote:

Ja, jy het reg gelees – voorskote! Hierdie is SO oulike idee wat beslis jou les na ‘n nuwe vlak sal neem. Weereens kan jy kies wat binne jou tyd en finansie-begroting pas. Die voorskote in die voorbeeld is uit filt gemaak, maar papier wat gelamineer is sal net so goed kan werk, asook “craft” spons.

Ons kon nêrens op ‘n webtuiste met instruksies afkom nie, maar hierdie een is darem lekker eenvoudig. Tik die naam van die Bybelverhaal in wat jy gaan vertel en kry inkleurprentjies daarvan, kleur in en knip uit of trek dit op filt en spons af en knip uit. Soos jy die storie vertel plak jy dit op die voorskoot.

ABC de la salvación historia tiempo delantal por NanaMomMe en Etsy, $25.00

Criação

arca

Storie-klippies

Hierdie hulpmiddel staan as “story-stones” op die internet bekend. Jy vat die hoofdele van die verhaal wat jy vertel en jy verf dit op gladde klippies. As jy nie gelukkig genoeg is om naby die see te bly waar jy dit self kan optel nie, kan jy gladde klippies ook by kwekery in sakke te koop kry, of by meeste craft winkels.

Jy sit al die klippies in ‘n sakkie en soos jy die verhaal vertel haal jy die klippies een vir een uit. Hierdie hulpmiddel werk baie goed in klein groepies waar die kinders plat op die vloer rondom jou kan sit. Hier is so paar voorbeelde:

Story Stones Bible Story Stones by WishesAndWonderment on Etsy

dd92fd34b3bab7654ad7043cc6d659f4

Ons kon darem op twee webtuistes afkom met instrukies vir die storie-klippies:

How to Make Bible Story Stones

http://flamecreativekids.blogspot.co.za/2012/03/telling-stories-with-story-stones.html

Volg die skakel hieronder na ons ander Kinderkerk Hulpbronne:

https://algoagemeenskapskerk.com/category/kinderkerk/

 

3 comments

Leave a comment