Die Paasfees Foto-Uitdaging gebruik die 15 dae voor Paasfees om jou te herinner aan die ware betekenis van Paasfees. Dit begin Sondag 18 Maart en maak Sondag 1 April klaar.
Jy lees elke dag se Bybelversie en kyk of jy ‘n foto kan neem rondom die foto-uitdaging-woord. Deel dit met jou vriende en groepe op sosiale media en maak hulle deel van Jesus se groot offer vir ons, wie weet, miskien plant jy hierdie Paastyd ‘n saadjie in iemand se lewe en maak jy so ‘n verskil vir Jesus!
Daar is heelwat van hulle op die Internet, maar almal is in Engels en nie een van hulle het teksverse by nie.
Datum | Teksverse | Foto-uitdaging-woord | |
1. Sondag | 18 Maart | Joh 3:16 | Liefde |
2. Maandag | 19 Maart | Joh 10:10 | Oorvloed |
3. Dinsdag | 20 Maart | Joh 14:15 | Opdragte |
4. Woensdag | 21 Maart | Joh 15:13 | Vriende |
5. Donderdag | 22 Maart | Joh 14:6 | Lewe |
6. Vrydag | 23 Maart | Joh 8:31-32 | Waarheid |
7. Saterdag | 24 Maart | Luk 23:34 | Vergifnis |
8. Sondag | 25 Maart | Joh 12:3 | Iets wat lekker ruik |
9. Maandag | 26 Maart | Matt 26:26-28 | Onthou / herinner |
10. Dinsdag | 27 Maart | Matt 26:39 | Vrees / benoudheid |
11. Woensdag | 28 Maart | Matt 27:26 | Dankbaarheid |
12. Donderdag | 29 Maart | Jes 53:5 | Pyn |
13. Vrydag | 30 Maart | Matt 27:45-46 | Duisternis |
14. Saterdag | 31 Maart | Luk 23:55 | Hartseer |
15. Sondag | 1 April | Luk 24:12 | Vreugde |
Laai die dokument hieronder in WORD formaat af:
Volg die skakel hieronder vir ons Paasfees hulpbronne:
https://algoagemeenskapskerk.wordpress.com/category/paasfees/