Paasfees is een van die wonderlikste tye in die jaar vir ons as kinders van God. Dis ‘n tyd van diep dink en diep delf oor ons geloof en oor ‘n Wonderlike Saligmaker wat die ‘ultimate’ prys vir Sy kinders betaal het. Dis ook ‘n tyd van hoop op dit wat menslik onmoontlik was, maar wat Jesus Christus moontlik kom maak het.
Skep hierdie Paasfees ‘n geleentheid vir jou kinders om hulle iets van die wonder van Paasfees te laat ervaar, en dit het niks met paaseiers en paashase te doen nie!!
Ons het gaan soek na Paasfees aktiwiteit wat julle as gesin saam kan doen, of jy met jou Kinderkerk of Sondagskool kinders.
Laai die verhaal van Paasfees soos uit die Evangelies saamgevat hieronder in WORD formaat af om saam met die aktiwiteite te gebruik:
Easter-story-stones:
https://faithfullittlehands.com/easter-story-stones/
Hierdie is ‘n stel wat jou kinders lekker saam met jou kan doen. Al die instruksies is by die skakel hierbo beskikbaar. Jy kan dit self op die klippies teken en die kinders dit laat inkleur, of as hulle bietjie groter is kan hulle dit self teken en inkleur. Die tekeninge is lekker eenvoudig sodat jy nie nodig het om kunstig te wees om dit self te kan doen nie.
Easter-Story-in-a-jar
http://4kids2guineapigs.blogspot.co.za/2013/03/the-easter-story-in-jar.html
Hierdie is ‘n lieflike aktiwiteit om saam jou kinders te doen, by die huis, Kinderkerk of Sondagskool. Jy lees die Paasverhaal vir hulle, en daarna moet hulle die storie van Paasfees of ‘n kreatiewe manier uitbeeld binne-in ‘n bottel, kyk gerus by die skakel hierbo vir ‘n paar oulike idees.
Bible Paper Toys
http://www.mylittlehouse.org/the-easter-story1.html
Hierdie is regtig oulik! Die verhaal van Paasfees word in 3D gemaak met gratis, klaar voorsiende templates. Print en volg net die instruksies.
Easter Story Wreath
http://www.weelittlemiracles.com/2012/04/make-easter-story-wreath-free.html
Ons het op ‘n pragtige idee vir ‘n Paasfees-krans op die skakel hierbo afgekom wat ons graag met julle deel. Ons het al die teksvers na Afrikaans vertaal. Jy kan al die dokument hieronder in PDF formaat aflaai:
Easter Wreath Pictures page 1 of 2
Easter Wreath Pictures page 2 of 2
Pop-Up Easter scenes:
http://amysfreeideas.com/English/pop-up_Easter_scenes_for_Sunday_school.html
Gaan loer gerus na die oulike idees op hierdie webtuiste, hierdie Paasfees toneel is nie net ‘n ‘pop-up’ nie, maar die figure beweeg ook soos dit gesny word!
Volg gerus die skakel hieronder na al ons Paasfees Hulpbronne:
https://algoagemeenskapskerk.wordpress.com/category/paasfees/
Terug pieng: Opstandings-Tuin |