#Sleutelgedagtes: Menseregtedag

menseregtedag - groot

Vandag word menseregtedag in Suid-Afrika gevier, maar wat is die betekenis van hierdie dag?

Menseregte verwys na die “basiese regte en vryhede waarop alle mense geregtig is, wat dikwels geag word as sou dit die reg tot lewe en vryheid, vryheid van denke en uitdrukking en gelykheid voor die reg insluit.”

Die Verenigde Nasies se Universele Verklaring van Menseregte stel dit as volg: “Alle menslike wesens word vry, met gelyke waardigheid en regte, gebore. Hulle het rede en gewete en behoort in die gees van broederskap teenoor mekaar op te tree.”

Wat sluit Menseregte in?

EqualRIghts

Menseregte sluit gewoonlik in sekuriteitsregte wat misdade soos moord / “gedwonge” onwillige selfmoord, menseslagting, marteling en verkragting verbied; reg tot vryheid wat vryhede beskerm op gebiede soos gewetensvryheid en geloof, assosiasie, samekoms en beweging; politieke regte wat die vryheid om aan politiek deel te neem beskerm deur mense toe te laat om hulself uit te druk, te protesteer; deel te neem in ‘n republiek.

https://www.suidkaapforum.com/News/Article/General/wat-is-die-betekenis-van-menseregtedag-20170711

Wat het dit met ons te doen?

Respecting-human-rights.2016-04-28-15-22-15

Wanneer ons met kinders werk, in watter hoedanigheid ookal, is dit baie belangrik om op hoogte te wees oor menseregte en kinderregte, want dit raak die groep waarmee ons werk direk.

Nou kan jy sê, maar by die kerk het ons niks te doen met die basiese regte wat deel is van menseregte, of kinderregte nie, en weereens wil ek vir jou sê dat ons het. By die Sondagskool en Kinderkerk is ons baie keer die mense wat sien dat ‘n kind nie fisies versorg word nie, lank siek bly en nooit gesondheidsorg ontvang nie. Die kinders se gedrag vertel ons dat iets by die huis fout is, en ons moet dit aanmeld en opvolg, want net soos die skool het die kerk ook ‘n verantwoordelikheid teenoor die kind in terme van beskerming.

Ons as kerk wil nie altyd ons verantwoordelik ten opsigte hiervan erken nie, omdat dit ons in ‘n moeilike situasie plaas, maar ongelukkig vrywaar dit ons nie van ons verantwoordelikheid teenoor die kind nie!

Vir meer inligting oor die onderwerp lees ons Sleutelgedagte oor die aanmelding van misdrywe teen kinders by die volgende skakel:

https://algoagemeenskapskerk.wordpress.com/2017/07/22/sleutelgedagte-aanmelding-van-misdrywe-teen-kinders/

Basiese Kinderregte:

Hier is ‘n eenvoudige opsomming van die basiese regte van kinders:

Ek het die reg…

  • om ‘n naam te hê
  • om ‘n nasionaliteit te hê
  • om skool toe te gaan
  • om versorg te word
  • tot ‘n dak oor my kop
  • tot kos
  • om my eie kultuur, geloof en taal te hê
  • tot gesondheidsorg
  • niemand mag my mishandel nie
  • niemand mag my verwaarloos nie
  • niemand mag my verneder nie
  • niemand mag my dwing om grootmenswerk te doen nie

My regte:

Lees gerus hierdie eenvoudige, Afrikaanss boekie oor my regte wat jy kan gebruik om jouself en jou leier mee toe te rus rondom hierdie onderwerp:

Click to access My%20rights%20…%20Afr%20booklet.pdf

Stof tot nadenke:

images

Ten slotte wil ek graag ‘n gedagte in julle midde los, iets om regtig oor te gaan nadink. Hoe lyk die kinders by julle Kinderkerk, Sondagskool en Jeug se ‘regte’. Hoe hanteer en behandel jy hulle? Voel hulle welkom, geliefde en beskermd in die manier wat JY, en die ander leiers en die kinders teenoor hulle optree?

Wanneer daar ‘n voorval is as gevolg van ‘n kind se gedrag, hoe hanteer jy die kind wat vir die voorval verantwoordelik is? Skree jy, dreig jy of ruk jy die kind rond? Hier by ons vind ons baie keer dat die ‘moeilike kinders’ die is wat uit moeilike omstandighede kom, en dat dit JUIS hulle is wat ferm, maar met liefde hanteer moet word. By die huis het hulle selde die gevoel van menswaardigheid, en probeer ons hulle met menswaardigheid behandel ten spyte van die voorval of wat hulle gedoen het.

Miskien is dit tyd dat ons ‘n Verklaring van Kinderregte opstel wat ons as leiers by die Kinderkerk, Sondagskool en Jeug moet begin toepas. As ‘n kind veilig en geliefd voel (al verdien hulle gedrag dit nie) dan kom hulle terug en kan jy hulle bereik. En is dit tog nie waarna ons streef nie? Dat ons kinders moet terugkom SODAT ons hulle kan bereik!!

open_book_of_human_rights__ramses_morales_izquierdo

Volg die skakel hieronder na ons ander #Sleutelgedagtes:

https://algoagemeenskapskerk.com/category/sleutelgedagtes/

 

Leave a comment