Kinderkerk Lesreeks: My Identiteit in Christus

lesreeks

AGTERGROND: Die Kinderkerk lesse word met ons kinders van Graad R-3 op ‘n Sondagoggend tyens die erediens gedoen. Ons kinders gaan na die Praise and Worship uit na die Kinderkerk toe. Die lesse is ongeveer 30 minute lank en is interaktief sodat die kinders speel speel die Bybelse waarhede kan ontdek.

Lesreeks: My Identiteit in Christus

Hierdie is ‘n reeks oor my Identiteit in Christus vir Kinderkerk, ons het die reeks ook vir die Sondagskool beskikbaar.

In hierdie Reeks behandel ons die volgende temas:

  1. Wie is ek?
  2. Die hemel is ‘n gratis geskenk
  3. Sonde
  4. Die koste van sonde
  5. Om op Jesus alleen te vertrou
  6. Nuwe lewe in Christus
  7. Hersien die kwartaal
  8. Makeover
  9. My Identiteit in Christus
  10. Ons is uniek gemaak
  11. Ek is gemaak na God se beeld
  12. Ek is Uitgekies
  13. Ek is nie alleen nie
  14. Ek is geroep

1. KINDERKERK LES 1: Wie is ek?

Hierdie les is die inleidingsles vir die Kinderkerk reeks oor my identiteit in Christus. Die les het ons lekker laat kopkrap oor wat die kleintjies sal verstaan en wat nie. Ons het ons aanvanklike idees op ‘n groepie van ons kinders uitgetoets en toe besef ons moet terug na die tafel en weer van vooraf beplan, en hierdie les het toe die teiken getref!

Dis ‘n lekker praktiese les wat die kleintjies aan die dink sit, maar ook laat verstaan dat God ons anders sien as wat ander mense en ons onself sien.

KINDERKERK LES – 1. Wie is ek

2. KINDERKERK LES 2: Die hemel is ‘n gratis geskenk

Voordat ons kan leer van ons nuwe identiteit in Christus, moet ons eers stilstaan by wat Jesus vir ons kom doen het en dat ons die nuwe mens word deur Hom.

In hierdie les gesels oor die hemel en wat ek moet doen om eendag in die hemel te kan woon.

KINDERKERK LES – 2. Die hemel is ‘n gratis geskenk

3. KINDERKERK LES 3: Sonde

In hierdie les leer die kinders dat ons almal sonde doen en dat sonde ‘n ernstige probleem in die mens se lewe is. Die kinders leer speel, speel wat sonde is en deur ‘n illustrasie dat dit ‘gross’.

KINDERKERK LES – 3. Sonde

4. KINDERKERK LES 4: Die koste van sonde

In hierdie les leer die kinders dat sonde skeiding bring tussen ons en God. God is regverdig en Hy moet sonde straf.

Dis ‘n baie interaktiewe les met twee illustrasies rondom die effek van sonde waaraan die kinders deelneem. Die verhaal van Agan in Josua 7:14-26 word deur die kinders ‘uitge-act’ om hulle die koste van sonde te laat verstaan.

KINDERKERK LES – 4. Die koste van sonde

5. KINDERKERK LES 5: Om op Jesus alleen te vertrou

In hierdie les leer die kinders dat ons ‘n keuse het. Ons kan kies om die pad vir Jesus te stap of aan te hou sonde doen.  Ook dat hierdie keuse gevolge het. Die les eindig met ‘n keuse wat die kinders vir Jesus maak.

KINDERKERK LES – 5. Om op Jesus alleen te vertrou

bekeringsgebed

6. KINDERKERK LES 6: Nuwe lewe in Christus

In hierdie les leer die kinders op ‘n praktiese manier van ‘n nuwe skepsel in Christus word. Hulle speel ‘n klomp oulike speletjies rondom ‘popcorn’ wat die beeld is wat gebruik word, en dan word Saulus se transformasie na Paulus as Bybeldeel gebruik.

KINDERKERK LES – 6. Nuwe lewe in Christus

6. Nuwe lewe in Christus – Paulus

7. KINDERKERK LES 7: Hersien die kwartaal

Hierdie les maak van lekkers gebruik met verskillende gekleurde papier om die evangelie voor te stel. Dis dien as hersienning van wat ons als die kwartaal geleer het. Die “gospel soccer ball – craft” van http://www.truthforkids.com/gospel-soccer-ball/#.Wqea9uhubIU word as prakties gebruik.

KINDERKERK LES – 7. Hersien die kwartaal

7. Hersien die kwartaal – Gospel soccer ball

8. KINDERKERK LES 8: Makeover

Ons leer dat wanneer ons ons lewens vir Jesus gee, Hy ons kom verander aan die binnekant. Die verhaal van Saggeus word gebruik om aan die kinders te verduidelik hoe Jesus wil hê dat ons moet verander wanneer ons ons harte vir Hom gee.

Ons personeel druk altyd hulle eie stempel op die lesse af. Hierdie video clip is sommer met ‘n selfoon geneem om julle ‘n idee te gee van wat hulle met die les gedoen het.

KINDERKERK LES – 8. Makeover

extreme_makeover_poster

9. KINDERKERK LES 9: My Identiteit in Christus

Ons leer meer oor Wie ons is in Christus. Wat ek van myself dink, of oor myself dink is anders as wat God oor en van my dink – En as ek my hart vir Jesus gegee het, is dit verskriklik belangrik om dit te weet. Die kinders speel ‘n speletjie met puzzels wat hulle help om die verskil te verstaan.

KINDERKERK LES – 9. My Identiteit in Christus

9. Identiteit in Christus – Puzzels

10. KINDERKERK LES 10: Ons is uniek gemaak

God het nie een van ons dieselfde gemaak nie, elkeen is anders, elkeen is uniek, elkeen is awesome! Ons is nie awesome oor iets wat ons kan doen nie, maar oor die Een wat ons gemaak het.

Die kinders speel ‘n speletjie om hulle uniekheid te demonstreer, en daarna maak elkeen ‘n troeteldier uit klei uit. Soos elkeen se troeteldier anders en uniek is, so is elkeen van ons ook ander en uniek deur God gemaak.

KINDERKERK LES – 10. Ons is uniek gemaak

11. KINDERKERK LES 11: Ek is gemaak na God se Beeld

Ons leer wat dit beteken wanneer daar gesê word ons is na God se beeld geskape. Foelie is een van die dinge wat ons nie baie waardeer nie.  Tog het dit baie gebruike.  Hierdie week se les gebruik foelie om ons te herinner dat as Christen ons veronderstel is om te verander om al hoe meer soos Jesus te lyk en Hom te reflekteer in als wat ons doen.

KINDERKERK LES – 11. Ek is gemaak na God se beeld

12. KINDERKERK LES 12: Ek is Uitgekies

Ons leer dat ons gekies is deur God en dat Hy ook wil hê ons moet Hom kies. Die kinders leer dat God nie net grootmense gebruik om vir Hom te werk nie, maar ook kinders. Die verhaal van Samuel wat vir Dawid as Koning moet salf word gebruik om dit vir die kinders te verduidelik. Tydens hierdie les word daar baie van speletjies gebruik gemaak waar die kinders iets moet ‘kies’ om die begrip “Uitgekies” aan hulle te demontreer.

KINDERKERK LES – 12. Ek is uitgekies

13. KINDERKERK LES 13: Ek is nie alleen nie

God belowe nie net dat Hy met ons sal wees nie, maar gee ons ook ‘n familie genaamd die Kerk. In hierdie les leer die kinders dat die kerk meer as net ‘n gebou is, dis ‘n familie waarvan jy deel raak die dag wanneer jy jou lewe vir Jesus gee. Die kinders speel verskeie speletjies waardeur dit gedemonstreer word. Die verhaal van die uitstorting van die Heilige Gees en die geboorte van die kerk word gebruik om dit vir die kinders te verduidelik.

KINDERKERK LES – 13. Ek is nie alleen nie

14. KINDERKERK LES 14: Ek is geroep

In hierdie les leer die kinders dat God ‘n spesiale plan vir hulle lewens het. Die verhaal van Johannes die Doper word gebruik en die spesiale werk wat hy vir God gedoen het. God het ons nie gemaak om net hier te wees nie, Hy het ons gemaak om ‘n verskil vir Hom te maak.

KINDERKERK LES – 14. Ek is geroep

Volg die skakel hieronder na ons Sondagskool Lesse oor My Identiteit in Christus:

https://algoagemeenskapskerk.com/category/identiteit-in-christus-sondagskool/

 

 

 

 

4 comments

  1. Goeie more
    Ek wil net my dankbaarheid toon vir hierdie fantastiese materiaal. Dit is kort, kragtig en dan opwindend ook. Dankie dat jul dit vir ons beskikbaar stel.
    Die belangrikste is dat dit in lyn met God se Woord is en n korrekte verbeelding daarvan.
    Baie dankie en baie seen oor jul bediening.

    Shanty Coetzee
    Sondagskool onderwyseres
    Hartzion Kids
    AGS Hartsion – Bapsfontein

    Liked by 1 person

Leave a comment