Bybel Aktiwiteite: Boeke van die Nuwe Testament

Boeke vd Nuwe Testament

Bybel aktiwiteite is rustig van aard, het ‘n Bybelse basis en benodig pen en papier. Dit sluit die volgende aktiwiteite in: Brain Teasers; Versteekte prente; Woordsoek; Blokraaisels; Geheime Kodes; Kopkrappers; Dot to Dot ens.

Boeke van die Nuwe Testament:

Om te weet waar om die Bybelboeke in die Bybel te vind, maak Bybel lees net soveel makliker, en om dit speel-speel te leer is gewoonlik die maklikste manier.

Ons het so paar hulpbronne in Afrikaan saamgestel wat dalk hiermee mag help. Jou kinders se ouderdomsgroep sal natuurlik bepaal van watter hulpbronne jy gebruik sal maak. Hierdie Afdeling fokus op die Boeke van die Nuwe Testament.

Om te weet hoe die boeke van die Nuwe Testament saamgestel is, help om hulle beter te verstaan en te onthou, dis gewoonlik waar ons met die kinders begin:

   Evangelies:

  • Matteus
  • Markus
  • Lukas
  • Johannes

   Kerk Geskiedenis:

  • Handelinge van die Apostels

   Briewe:

  • Romeine
  • 1 en 2 Korintiërs
  • Galasiërs
  • Efesiërs
  • Filippense
  • Kolessense
  • 1 en 2 Tessalonisense
  • 1 en 2 Timoteus
  • Titus
  • Filemon
  • Hebreërs
  • Jakobus
  • 1 en 2 Petrus
  • 1-3 Johannes
  • Judas

   Profeties:

  • Openbaring

Die PowerPoint Presentation hieronder sal jou help om die samestelling van die Nuwe Testament aan die kinders te verduidelik. Ons sluit ook ‘n Werksvel: Die Nuwe Testament se boeke van die Bybel, in waarop hulle dan die groepe kan invul om dit na die tyd beter te onthou. Die Nuwe Testament Matching Game gebruik die kinders dan om die regte boeke by die regte groepe te pas.

PPT – Nuwe Testament – Groepering van Bybel Boeke

Werksvel – Die Nuwe Testament se boeke in die Bybel

Nuwe Testament Matching Game

Nuwe Testament Flashcards:

Wanneer die kinders die uitleg van die Ou Testament verstaan dan is die ‘Flashcards’ die volgende stap. Dis ‘n stel kaartjies met al die boeke van die Ou Testament in Afrikaans op, en hulle moet dit dan self in die regte volgorde plaas. Ons het Sundayresources se kaartjies gevat en dit na Afrikaans vertaal (http://sundayschoolsources.com/classmat/NT-flashcards.pdf). Daarna kan hulle gereeld verskeie speletjies rondom die boeke van die Bybel speel om dit vas te lê. Volg die Pinterest bord oor Bybel Boek Speletjie vir ‘n klompie oulike idees.

Flashcards – Boeke van die Nuwe Testament – Word

Nuwe Testament Aktiwiteite:

As jy sommer net deur die boeke van die Nuwe Testament op ‘n pret manier met jou kinders wil werk kan die volgende dalk help:

PPT – Nuwe Testament Speletjie – voor en na

Nuwe Testament Woordskommel – Word

Nuwe Testament Woordsoek

Ekstra hulp rondom die Nuwe Testament:

Die volgende inligting is eintlik meer vir die leiers as vir die kinders, maar dit kan ook kreatief vir ouers kinders gebruik word.

Wanneer ons die Bybel lees verstaan ons nie altyd wat die kerngedagte van die Bybelboek is nie, en daarom maak dit die verstaan daarvan soms moeilik. Hieronder is hulp (in Afrikaans) wat jou sal help verstaan wat die kerngedagte van elke Bybelboek is.

Volg die skakel hieronder vir ‘n uitsetting van die kerngedagtes van al die boeke van die Nuwe Testament:

https://www.gotquestions.org/Afrikaans/boek-nuwe-testament-samevatting.html

Pinterest Bord: Bybelboek Speletjies:

Volg die Pinterest Bord: Bybelboek Speletjies vir ‘n klompie oulike, kreatiewe maniere om veral die kleintjies die Bybelboeke te leer:

The Bible Project:

As jy nog inligting rondom die verskeie Bybelboeke soek, gaan loer gerus na die Bible Project se video clips oor elke Bybelboek, asook ‘n verskeidenheid ander belangrike temas in die Bybel:

https://www.youtube.com/user/jointhebibleproject

Volg die skakel hieronder na ons ander Boeke van die Bybel Aktiwiteite:

https://algoagemeenskapskerk.com/category/boeke-van-die-bybel/