Bybel Speletjies: Tic-Tac-Toe

tic tac toe

Bybel Speletjies kan aktief of rustig van aard wees. Dit het ‘n Bybelse basis en sluit in PowerPoint Speletjies; Speed Dating; Wie’s wie in die Bybel; Would You Rather; Emoji’s; Charades; Minute-to-Win-it; Matching Games; Tic-Tac-Toe ens.

Tic-Tac-Toe

Hierdie speletjie is dalk beter bekend as 0 en X. Wie van ons het dit nie as kind gespeel nie, en weet jy ons kinders speel dit vandag nog.

Ons het hierdie week op ‘n oulike ‘twist’ van hierdie speletjie afgekom en toe gedink hoe oulik dit in ‘n Bybel speletjie omskep kan word.

Alfabet Tic-Tac-Toe

Vir hierdie weergawe geld dieselfde reëls as vir die oorspronklike speletjie, maar i.p.v jou 0 of X in die blokkies trek skryf jy letters van die alfabet in die verskillende blokke.

Elke deelnemer het vyf van dieselfde merkers wat hulle dan rondbeweeg i.p.v. teken. Voordat jy egter jou merker op ‘n blokkie mag sit moet jy eers iets in die Bybel noem wat met die letter begin wat in die blok is waar jy jou merker wil neersit.

Merkers kan koeldrankproppies wees wat dieselfde kleur is, jy kan selfs ‘n sticker bo-op plak met die 0 of die X op.

Bybelkennis Tic-Tac-Toe

Hierdie speletjie werk dieselfde as die Alfabet weergawe. Hierdie keer is daar egter Bybelfigure se name in die blokkies geskryf i.p.v. die alfabet. Voordat jy jou merker op die blokkie mag sit, moet jy eers ‘n vraag oor die Bybelfiguur antwoord. Daar is drie vrae vir elke Bybelfiguur sodat jy die speletjie meer as een keer kan speel.

Die vrae is op kaartjies wat jy langs jou Tic-Tac-Toe bord sit, met elke figuur se naam aan die agterkant op geskryf. Wanneer jy jou merker op ‘n blokkie wil sit moet jou maat of die persoon in beheer eers vir jou die vraag vra.

Jy kan dit self heelwat moeliker maak vir ouer kinders, of makliker vir jonger kinders.

Hier is ‘n les waarin ons die Tic-Tac-Toe speletjie gebruik het:

JEUGLES – Bybel Tic-Tac-Toe aand

CSI Crime Scenes

Ysbreker Tic Tac Toe

Laai die Tic-Tac-Toe dokumente hieronder in WORD formaat af:

Alfabet Tic-Tac-Toe

Alfabet Tic-Tac-Toe 1docx

Alfabet Tic-Tac-Toe 2docx

Bybelkennis Tic-Tac-Toe – 2 per blaai

Bybelkennis Tic-Tac-Toe Vraedocx

Bybelkennis Tic-Tac-Toe docx

Blank Template Tic-Tac-Toe docx

Volg die skakel hieronder na ons ander Bybel Speletjies:

https://algoagemeenskapskerk.com/category/bybel-speletjies/

Volg die skakel hieronder na ons Bybel Aktiwiteite:

https://algoagemeenskapskerk.com/category/bybel-aktiwiteite/

Volg die skakel hieronder na ons ander Speletjies:

https://algoagemeenskapskerk.wordpress.com/category/speletjies/

3 comments

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s