Jeug Gebedsaand: Vrugte van die Gees

Jeug Gebedsaand - Vrugte vd Gees

Soos ons met die reeks oor die Vrugte van die Gees besig is, kom ons meer onder die indruk dat die Vrugte van die Gees niks met menslike emosies of karakter eienskappe te doen het nie, maar ALLES met die Heilige Gees.

As ons nie hierdie Vrugte van die Heilige Gees afbid nie, gaan ons dit nooit in ons lewens kan sien werk nie.

Vrugte van die Gees Gebedsaand

Ons is hierdie kwartaal met die tema: Vrugte van die Gees met ons EPIC Jeug groepe besig. Hierdie gebedsgeleensheid vorm deel van die reeks waar ons die Heilige Gees vra ons te help om elke Vrug van die Gees in ons lewens te dra:

Vrug van die Gees – LIEFDE:  1 Kor 13:13 sê: “En nou: geloof, hoop en liefde bly, hierdie drie. En die grootste hiervan is die Liefde”  Hoe meet JY liefde? WAT is liefde vir JOU? Kinders skryf al die woorde wat in hulle kop opkom wanneer hulle aan liefde dink op ‘n blaaitjie neer. Daarna bid hulle saggies by hulle SELF dat die Heilige Gees hulle sal help om mekaar lief te hê soos God dit van ons verwag, VERAL die mense wat hulle sukkel om lief te hê.

Vrug van die Gees – VREUGDE: Ons doen die “Vreugde-oorloop-Demonstasie” om vreugde weer aan die kinders te verduidelik. Daarna bid elke kind by hulleself en vra die Heilige Gees om hulle te help om in vreugde te groei. Dat Hy hulle sal help om so op Hom te vertrou dat slegte goed wat ‘buite’ gebeur nie hulle ‘binnekant’ (vreugde) sal wegvat of ‘aantas’ nie.

Vrug van die Gees – VREDE: Ons almal het goed wat ons stress en ons vrede kom steel. ‘n Duif is ‘n teken van vrede – die kinders neem vir hulle ‘n duif en skryf dit wat hulle stress op die agterkant. Dan plak hulle dit teen die muur, terwyl hulle vir die Heilige Gees vra om vir hulle vrede in die situasie te bring.

Vrug van die Gees – GEDULD: Geduld kan baie dinge vir verskillende mense beteken en ons het dit op baie plekke nodig. Wanneer ons in ‘n lang ry moet staan en wag, wanneer iemand jou irriteer dat jy teen die mure wil uitklim, en wanneer jy moet wag op God se tyd vir ‘n deurbraak, sonder om moedeloos te raak en tou op te gooi. Elke groep kry ‘n tangram van ‘n biddende mannetjie, wat hulle aanmekaar moet sit, terwyl hulle dit doen vra hulle die Heilige Gees om hulle te help om meer geduld met hulleself, God  en die mense rondom hulle te hê.

Vrug van die Gees – VRIENDELIKHEID en GOEDHARTIGHEID:  Elke groep kry ‘n template van ‘n mannetjie se lyf en stukkies foelie. Elkeen plak ‘n stukkie foelie binne die mannetjie en soos hulle dit plak vra hulle die Heilige Gees om hulle te help om in vriendelikheid en goedhartigheid te groei.

Vrug van die Gees – NEDERIGHEID:  Ons is baie keer hard in die manier waarop ons met mense praat en hulle behandel. Ons dink baie keer ons is beter as ander mense omdat ons meer het, beter lyk of beter doen as hulle. Elke groep het ‘n veer, gee elke kind ‘n kans om aan die veer te vat. Voel hoe sag dit is en terwyl hulle daaraan vat vra hulle die Heilige Gees om hulle te help om nederig te wees en ander mense met sagte hande te behandel.

Vrug van die Gees – SELFBEHEERSING: Wanneer ons kwaad is, is dit soms moeilik om nie te skree of iets of iemand te slaan nie. Terwyl die leier die spinners op die backingborde spin, kyk hulle hoe die spinner al stadiger spin en uiteindelik stop. Vra die Heilige Gees om jou te help om te ‘slow down’ en te stop wanneer jy kwaad voel, sodat jy die vrug van selfbeheersing al meer sal hê.

Vrug van die Gees – GETROUHEID:  Om betroubaar te wees beteken dat mense op jou kan staatmaak, jy is lojaal en jy doen wat jy gesê het jy gaan doen. Jou “woord is jou eer”.  As jy vriende met iemand is dan verwag jy van hulle om by jou te staan al is en gaan dinge moeilik (stick with you). Wie vertrou jou om by jou te staan? Wie kan JOU vertrou om by hulle te staan? Gee vir elke kind ‘n stokkie, hulle bind dan ‘n lintjie aan dit vas terwyl hulle vir God vra om hulle te help om aan HOM vas te hou, al is dit moeilik en veral wanneer dit moeilik is.

Laai die dokumente hieronder af:

JEUG GEBEDSAAND – Vrugte van die Gees PDF

Geduld – Tangram WORD

Liefde – hartjies WORD

Vrede – Duif WORD

Vriendelikheid en Goedhartigheid – Mannetjie WORD

Volg die skakel hieronder na ons ander Jeug Gebedsaande:

https://algoagemeenskapskerk.com/category/gebedsaande/

Leave a comment