Saalbyeenkomste: 1. Wat jy saai sal jy maai

1. wat jy saai sal jy maai 3

Ons wil met ‘n nuwe kategorie begin, waaraan ons opgelet het, daar ‘n groot behoefte aan is. Saalbyeenkomste is iets wat nog landwyd in skole plaasvind, en waarvoor daar nie regtig hulpbronne is nie. Onderwysers moet gewoonlik die week voor die tyd rondkrap vir iets sinvol om met die kinders te deel.

Ons bid regtig dat ons met hierdie kategorie die lewe vir ons onderwysers ‘n bietjie makliker sal maak.

Storie: Die saad

Wat jy saai sal jy maai vertel die storie van ‘n CEO wat wou aftree, en sy opvolger moes kies. Hy het besluit om vir elke kandidaat saad te gee om te plant, en na ‘n jaar moes almal hulle plante bring, sodat hy kon kyk wie se plant die beste lyk.

Die CEO het egter die saad voor die tyd gekook sodat dit nie KON groei nie. Die kandidate het dit egter nie geweet nie, en op die dag wat hulle hulle ‘plante’ moes bring het almal slim planne gemaak en ‘n plant saamgebring. Die man wat egter eerlik genoeg was om te sê dat sy plant nie gegroei het nie, het die nuwe CEO geword, want hierdie manne se eerlikheid was getoets.

Hierdie storie is baie geskik om die begin van ‘n nuwe jaar mee te begin, asook om kinders te motiveer voor ‘n eksamen. Dit kan prakties in jou alledaagse lewe, skoolwerk en geestelike lewe deurgetrek word.  Hierdie storie van die saad verduidelik aan die kinders, dat wat jy saai jy sal maai:

As jy eerlikheid plant, sal jy vertrou oes.

As jy goedheid plant, sal jy vriende oes.

As jy nederigheid plant, sal jy grootheid oes.

As jy volharding plant, sal jy tevredenheid oes.

As jy oordenking plant, sal jy perspektief oes.

As jy harde werk plant, sal jy sukses oes.

As jy vergifnis plant, sal jy versoening oes.

As jy geloof in Christus plant, sal jy verlossing oes.

Dus wees baie versigtig wat jy nou plant; dit sal bepaal wat jy later gaan oes.

Teksvers: (Gal 6:7) …. want net wat die mens saai, dit sal hy ook maai.

Hierdie is die kort weergawe van die storie, jy kan dit, of die lang weergawe wat hieronder in PDF formaat is, tydens die saalbyeenkoms gebruik.

Praktiese Illustrasie:

Saam met hierdie storie kan jy ‘n paar kinders kry om jou te help om plantjies te plant, en julle kan dan deur die jaar kyk hoe dit groei.

Laai die Saalbyeenkoms hieronder in PDF formaat af:

1. Saalbyeenkoms – Wat jy saai sal jy maai

Laai die storie hieronder in PDF formaat af:

Storie – Die saad

Volg die skakel hieronder na ons ander Saalbyeenkomste:

https://algoagemeenskapskerk.com/category/saalbyeenkomste/

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s