Saalbyeenkomste: 2. Die Eienaar se Gids

2. Die eienaar se gids

Hierdie is ons tweede Kort boodskap, Saalbyeenkoms idee.

Storie: Die Eienaar se Gids

Die eienaar se gids vertel die storie van ‘n man met die naam Koos, wat ‘n nuwe kar koop, maar nie die handleiding oor hoe die motor werk, wou lees nie. So het hy op die einde in ‘n boom vasgery met sy splinternuwe kar.

Die doel van die storie is om aan die kinders die belangrikheid van hulle Bybels te verduidelik, omdat dit ons leer hoe ons moet leef. Jy kan dit weereens deurtrek na die kinders se alledaagse lewe, skoolwerk en geestelik lewens.

Teksvers: (Ps 119:105) … U woord is die lamp wat my die weg wys, die lig op my pad

Praktiese Illustrasies:

Jy kan hierdie storie op verskillende maniere gebruik, afhangende van wat jy vir die kinders daaruit wil leer.

  1. Gebruik die goedkoop, klein LEGO stelletjies wat mens by die Chinese winkels koop, en haal die instruksies uit. Vra dan ‘n paar kinders om die LEGO stelletjie te bou SONDER die instruksies. Glo my, dis klink baie makliker as wat dit is! Dis makliker om te weet WAT om te doen, as jy instruksies het, wat jy jou wys wat jy moet doen.
  2. Sit al die ligte in die saal af, en kry vrywilligers om met flitse of lampies in die saal in te kom, en te wys hoe die lig jou help om te sien waar jy loop, soos die Bybel jou help.

Laai die Saalbyeenkoms en die Storie hieronder in PDF formaat af:

Saalbyeenkoms 2.  – Die Eienaar se Gids

Storie – Die Eienaar se Gids

Volg die skakel hieronder na ons ander Saalbyeenkomste:

https://algoagemeenskapskerk.com/category/saalbyeenkomste/

 

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s