Happy Birthday to us

IMG_8159 - 8

Hierdie Blog is vandag twee jaar oud! Ons harte is gevul met dankbaarheid en nederigheid dat God so groot taak aan ons toevertrou het.

Die doel van die Blog

Ons stel gratis Afrikaanse hulpbronne vir Sondagskool, Kinderkerk en Jeugbedienings beskikbaar. Daar is ‘n onsettende tekort aan gratis Afrikaanse materiaal, en die Here het vir ons die visie gegee om hierdie tekort of leemte aan te spreek.

Ons stel ook nie net ons eie materiaal beskikbaar nie, maar ook enige ander Afrikaanse materiaal wat getrou aan God se Woord is wat ons op die Internet opspoor. Ons vertaal ook party van die Engelse hulpbronne na Afrikaans vir ons eie gebruik en stel dit dan ook op die Blog beskikbaar, met verwysings na die oorspronklike bron.

Verskeidenheid van hulpbronne

Ons het ‘n wye verskeidenheid van lesse oor verskillende Christelike onderwerpe vir Kinderkerk en Sondagskool. Ons het ook ‘n groot verskeidenheid ander hulpronne soos Bybel speletjies, Funaande, Gebedsaande, Saalbyeenkoms boodskappe, Internet Hulpbronne, Sleutelgedagtes, Huisgodsdiens en vele meer.

Stats

Ons gaan julle nie met ons stats verveel nie, maar wil graag die volgende met julle deel, hierdie is die stats van die afgelope twee jaar van die Blog.

Views:    270 071

Visitors: 44 023

Ons glo en vertrou dat die Here ons nog vir baie jare sal seën, en bedien met die matriaal om aan julle beskikbaar te stel.

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s