Ons is altyd opsoek na nuwe vars maniere om die evangelie met ons kinders te deel. Ons hoor ook baie hoe ouers interessante, nuwe maniere soek om huisgodsdiens met hulle gesinne te doen.
Paasfees Matching Game
Ons het die matching game konsep gevat, en dit so bietjie moeiliker gemaak. Ons het ‘n ‘volgorde bord’ gemaak waarop die prentjies in die regte volgorde gesit moet word.
Een stel prentjies het die gebeurtenis en die teksvers by, en die ander stel nie. Daar is ook ‘n stel in kleur, en ‘n stel in swart en wit wat jou kinders self kan inkleur.
Ons het die prentjies by “sparklebox”, by die skakels hieronder geleen.
https://www.sparklebox.co.uk/1276-1280/sb1277.html
Laai die verskillende matching game stelle hieronder in Word formaat af:
Paasfees matching game – Kleur – Sonder woorde
Paasfees matching game – Kleur – Woorde
Paasfees matching game – Swart en Wit – sonder woorde
Paasfees matching game – Swart en Wit – Woorde
Paasfees matching game – Blank
Volg die skakel hieronder na ons ander Paasfees hulpbronne: