Hierdie is nog ‘n manier om die Paasverhaal te hersien. Vir hierdie speletjie is daar ‘n klomp kaartjies met prentjies op. Elke prentjie word geassosieer met ‘n deel van die Paasverhaal.
Paasfees Assosiasie Speletjie
Jy kan hierdie speletjie op baie maniere gebruik. Die idee is dat die prentjies gewys word, en die deelnemers dan moet raai watter deel van die verhaal hulle daarmee assosieer.
Jy kan selfs elke prentjie in ‘n pakkie toedraai, en ‘musical’ bag speel. Die een by wie die pakkie eindig wanneer die musiek ophou, moet die pakkie oopmaak en raai waarmee hulle die prentjie assosieer.
Laai die Paasfees Assosiasie Speletjie hieronder in Word formaat af:
Paasfees Assosiasie Speletjie – antwoorde
Volg die skakel hieronder na ons ander Paasfees Hulpbronne: