Jeug Alpha: Sessie 10: Hoe kan ek die bose weerstaan?

10. groot - hoe kan ek die bose weerstaan

AGTERGROND: Sondagskool lesse bestaan uit lesse vir Juniors en Seniors. Lesse vir die Juniors is vir Graad 4-6 geskryf en vir Seniors vir Graad 7-12. Lesse word in kleingroep-verband binne ‘n grootgroep aangebied. ‘n Fasiliteerder lei die grootgroep met leiers in die kleingroepe. Senior Sondagskool lesse bestaan uit EPIC lesse asook Sondagskool lesse.

Senior Jeug Alpha

Ons groep EPIC Jeugleiers het so paar jaar gelede die uitdaging aanvaar om die Jeug Alpha se materiaal, wat net in Engels beskikbaar is, na Afrikaans te vertaal. Jeug Alpha is ‘n wonderlike manier om ‘n geloof-grondslag vir jou kinders te lê.

Die Video Clips is ongelukkig steeds in Engels, maar regtig baie oulik en ‘user friendly’. Jy kan die sessies met of sonder die video clips aanbied. As jy tyd en die hulpbronne het, sal ons egter aanbeveel dat jy die video clips gebruik.

Lees eers die Blogpost oor Jeug Alpha vir gratis toegang tot die video clips.

https://algoagemeenskapskerk.com/2019/06/14/internet-hulpbronne-jeug-alpha/

Sessie 10:  Hoe kan ek die bose weerstaan?

Ysbreker: Die sessie begin met twee groepe wat teen mekaar toutrek. Na die video clip word die ysbreker ge-process deur middel van ‘n demonstrasie.

Die video clip word gespeel, waartydens daar drie vrae is wat die kinders in die groepe moet beantwoord.

Demonstrasie: Reël voor die tyd met twee vrywilligers.

Die een trek ‘n wit t-hemp aan, en die ander een ‘n swart een. Die een met die swart t-hemp stel satan voor, en die een met die wit ‘n kind van die Here. Bind ‘n wit lappie in die middel van die tou vas, en kry ‘n middel-lyn waaroor hulle mekaar moet probeer trek.

 Die tou-trekkery stel ons geestelike lewe voor, en hoe die satan probeer om ons ‘oor die tou’, aan SY kant probeer kry. Wanneer die wit lappie aan die satan se kant is, dan het hy met ons reggekry wat HY wou. En hy doen dit deur vir jou leuens te vertel oor jouself, die mense om jou, oor dit wat hy wil hê jy moet doen, en VERAL oor God. Hy probeer altyd dit wat hy wil hê jy moet doen ‘minder erg’ laat klink as wat dit eintlik is. So elke keer as die tou bietjie meer in SY rigting gaan, dan wen HY, en verloor JY! Elke keer as die tou in JOU rigting gaan, dan wen JY en verloor HY!!!

Groewerk: Die volgende vrae word in die groepe bespreek:

  • Hoe kan ‘n groep soos ons ‘n verskil in ons gemeenskap maak?
  • Waar dink julle kom versoeking vandaan?
  • Hoe weerstaan jy versoeking?
  • Wanneer jy toegee aan vesoekings, hoe voel jy na die tyd?
  • Hoe sal julle die duiwel se taktiek van beskuldigings beskryf, gee so paar voorbeelde daarvan.
  • Wat dink julle van die idee van “oorwin kwaad deur goed”?

Ons het ‘n klompie ekstra inligting in ‘n dokument saamgestel indien jy genoeg tyd het om die inligting met die kinders deur te werk.

Die video clip vir hierdie sessie is ongelukkig nie meer op YouTube beskibaar nie. Jy kan dit gratis op Alpha se webtuiste aflaai as jy vir die kursus registreer.

Hier is die video clip vir die ekstra inligting:

Laai die les hieronder in PDF formaat af:

Jeug Alpha – Sessie 10 – Hoe kan ek die bose weerstaan

Sessie 10 – Ekstra inligting

Volg die skakel hieronder na die ander lesse in die reeks:

https://algoagemeenskapskerk.com/category/jeug-alpha-sondagskool/

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s