Kinderkerk Jeug Alpha: 12. Genees God vandag nog?

12. groot - genees God vandag nog

AGTERGROND: Ons het die Junior Jeug Alpha met ons kinders van Graad R-5 op ‘n Woensdagaand tyens EPIC Jeug gedoen. Ons het hierdie reeks ook vir die Senior groep Graad 6-12 beskikbaar.

Junior Jeug Alpha

Ons is besig om die Jeug Alpha met ons EPIC kinders op ‘n Woensdagaand te doen, en soos gewoonlik doen ons dieselfde tema met al drie ons groepe. Ons het die reeks so paar jaar gelede vir ons Senior groep uitgewerk, en het die wonderlike uitdaging om dit op ‘n eenvoudige manier vir die kleintjies aan te bied.

12. Genees God vandag nog?

Hierdie is die twaalfde les in die Junior Jeug Alpha reeks. In hierdie les vra ons die vraag of God vandag nog mense genees?

Die les bestaan uit die volgende:

Ysbreker 1 – Blinde Follow the leader

Ysbreker 2 – Raai speletjie

Ysbreker 3:  Help my om gesond te raak:  Gee vir elke groep ‘n uitdeelstuk en laat hulle die prentjies omkring wat hulle glo iemand sal help om gesond te raak van ‘n siekte.

Die kinders word vir die eerste twee ysbrekers geblinddoek en die ysbrekers word dan deurgetrek na die gedeelte in Markus 10:46-52 oor Bartimeus.

Speletjie:  Yesterday, today and tomorrow:  God is gister vandag en tot in alle ewigheid dieselfde.

Getuienis: Ons het twee mense uit ons gemeente, waarvan een ‘n 9 jarige seuntjie is, wat die Here genees het, wat getuig oor hoe die Here hulle gesond gemaak het.

Aktiwiteit:  Rooi liggie/groen liggie: Daar word aan die hand van hierdie aktiwiteit verduidelik hoe God ons gebede beantwoord:

  • GROEN: Hy beantwoord ons gebede.
  • ROOI : Hy beantwoord partykeer nie ons gebede nie, omdat Hy ‘n ander plan het, of beter weet.
  • ORANJE: Hy sê ons moet bietjie wag, want Hy het ‘n plan, of Hy wil ons iets leer.

Gebedsgeleentheid: Wanneer die les klaar is kry die kinders die geleentheid om vir iemand wat siek is te bid.

Laai die les hieronder in PDF formaat af:

12. JUNIOR JEUG ALPHA – Sessie 12 – Genees God vandag nog

Volg die skakel hieronder na die ander lesse in die reeks:

https://algoagemeenskapskerk.com/category/jeug-alpha-kinderkerk/

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s