EPIC JEUG

 

3

EPIC Jeug is ‘n baie unieke Jeugbediening binne Algoa Gemeenskapskerk. Ons bedien jeug van Graad R-12 op ‘n Woensdagaand van 18:30 – 20:00

Ons funksioneer in drie groepe – Graad R-3; Graad 4-5  en Graad 6-12 saam. Ons bedien jeug van die Algoapark area en nie net ons gemeente se kinders nie. Ons het ‘n gemiddeld van 140 kinders per aand en ongeveer 30 vrywilligers wat in die onderskeie groepe help. Ons kinders geniet Praise en Worship ontsettend baie, en doen dit deur middel van danse.

Binne die onderskeie drie groepe werk ons binne kleingroepe. Elke kleingroep het ‘n volwasse leier wat die leiding in die groep neem. ‘n Fasiliteerder neem die leiding in die grootgroep met die leiers wat dan die besprekings binne die kleingroepe hanteer.

Die lesse word so uitgewerk dat die fasiliteer die minimum praat en werklik net die proses fasiliteer – die praatwerk gebeur in die groepe deur die kinders self. Ons het gevind dat ons kinders baie meer leer wanneer hulle met die regte leiding self by die antwoorde uitkom.

Ons maak wapenrustings:

page 1

Battle of the sexes funaand:

page 2

Fearfactor aand: Hoekom is jy bang om jou hart vir Jesus te gee?

page 4

Ysbreker: Die Heilige Gees is ons Helper

page 3

Ysbreker: Die Heilige Gees wil ‘n ‘makeover’ in my kom doen

page 5

Funaand: Sommer net lekker laf

page 6