SKOLE BEDIENING

Algoa Gemeenskapskerk is baie bevoorreg om aktief by twee van ons plaaslike skole betrokke te wees, nl. Hoërskool Otto du Plessis en Laerskool Piet Retief. Ons skole bediening bestaan uit verskillende fasette van prayerwalks, selgroep, ondersteuning, tot naskool godsdiensgroep.

By die Hoërskool het ons ingeskakel by hulle VCSV en help ons met die lofprysing en aanbidding.  Daar is ‘n kleingroep Donderdagoggende voorskool waar ons lekker gesels oor die Here.

By die Laerskool bedien ons tans elke Vrydagmiddag naskool ‘n groep kinders wat strek vanaf Graad 1 – Graad 7.  Die lesse is uitgewerk om speel-speel van God te leer en te groei in die Christelike lewenswandel.  Ons gebruik huishoudelike, en ander normale items om die lesse oor te dra op ‘n eenvoudige manier.

Die volgende foto’s is van Vrydae middae by Laerskool Piet Retief:

YSBREKERS:

page 1

PRAISE EN WORSHIP:

page 2

KLEINGROEPE:

page 3