MEER OOR ONS

JeugHartklop is ‘n Blog van Algoa Gemeenskapskerk, ‘n gemeente met ‘n baie unieke karakter, binne die NG Kerk Familie. Ons het ‘n gemeente leier, gemeente bestuurder en ‘n Leraar.

Ons glo dat die Bybel die onfeilbare woord van God is en laat ons daardeur lei in die manier hoe ons leef en die besluite wat ons neem.  Om God se mond te raadpleeg voordat ons enige iets doen of enige besluite neem staan sentraal van alles in die gemeente. Ons is ‘n vernuwende gemeente wat nuut dink en doen soos ons deur die Heilige Gees daartoe gelei word.

Die gemeente funksioneer deur middel van Bedieninge wat elkeen deur ‘n bedieningshoof bestuur word. Dit laat baie geleentheid vir gemeentelede om aktief betrokke te raak binne die gemeente, asook binne God se Koninkryk.

Ons gemeente se Jeugbediening het tydens die COVID pandemie en lockdown heelwat skade gelei. Ons EPIC Jeuggroep op ‘n Woendsdagaand, ons Sopkombuis G1 groep, asook ons betrokkenheid by die onderskeie skole in die omgewing moes as gevolg van al die COVID reëls vereers gestaak word. Ons is tans besig om weer stadig op die been te kom met Sondagskool en Kinderkerk wat weer begin het soos ons kinders dit gewoond was. U sal dus sien dat ons op die oomblik nie nuwe Kinderkerk en Sondagskool lesse van ons eie het nie, daar is egter nogsteeds baie van ons materiaal om van te kies.

Die gemeente se Barmhartigheidsbediening het ook tydens COVID ‘n nuwe vorm begin aanneem. Ons voorsien tans elke tweede week kospakkies aan 100 oud sopkombuis lede” en 30 gemeente lede.

Ons Visie:

Met een aanbiddende hartklop vertrou ons op God

Ons Missie:

Om die kerk voor te berei vir Herlewing

Ons glo…

In God die Vader, die Almagtige,die Skepper van die hemel en die aarde.

En in Jesus Christus, sy eniggebore Seun, ons Here;

wat ontvang is van die Heilige Gees,

gebore is uit die maagd Maria;

wat gely het onder Pontius Pilatus,

gekruisig is, gesterf het en begrawe is;

wat op die derde dag weer opgestaan het uit die dode;

wat opgevaar het na die hemel en sit aan die regterhand van God, die almagtige Vader,

van waar Hy sal kom om te oordeel dié wat nog lewe en dié wat reeds gesterf het.

Ons glo in die Heilige Gees.

Ons glo aan ’n heilige, algemene, Christelike kerk,

die gemeenskap van die heiliges;

die vergewing van sondes;

die opstanding van die vlees

en ’n ewige lewe.

2 comments

  1. Hallo het julle dalk ñ Saalopening vir Wat is my doel op aarde volgens God. Ek moet in Augustus open in die saal.Al julle lesse is so oulik!

    Like

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s