Sondagskool – Die Sions – Graad 7-11 groep word na die diens gehou.
Ons werk by die Sondagskool in kleingroepe met volwasse vrywilligers as groepleiers. Ons maak gebruik van ysbrekers wat by die tema van die les pas, om ‘n lekker atmosfeer te skep, en die kinders te laat begin dink aan die les wat kom.
Ons moedig ons kinders aan om hulle Bybels elke Sondag saam te bring en te gebruik tydens die les. Daar is ‘n fasiliteerder wat die les dryf, maar ons fokus daarop om die kinders te kry om self in die groep die Here te ontdek deur die Bybel en groepbesprekings.
Volg die skakel hieronder na ons Sondagskool lesse:
https://algoagemeenskapskerk.com/category/sondagskool-lesse-snr/