Protection of Personal Information Act
Wet 4 van 2013
Wat is POPIA?
Alle organisasies word i.t.v. nuwe wetgewing, die Wet op Beskerming van Persoonlike Inligting (POPIA) Wet 4 van 2013, verplig om alle lede/lidmate se toestemming te verkry om hulle persoonlike inligting te prosesseer. Dit sluit alle bestaande inligting en toekomstige insameling in. Dit beteken dat ons jou toestemming nodig het om:
- jou naam in die lidmaat-/doopregister te mag hê.
- jou naam op die siekelys te mag hê,
- jou naam op die verjaarsdaglys te mag hê
- jou naam of foto op sosiale media te mag gebruik,
- jou telefoon nommer te mag hê,
- jou selnommer op `n Whatsapp groep te mag gebruik,
- jou adres te mag hê.
Algoa Gemeenskapskerk as organisasie samel u inligting in en prosesseer dit vir al die bogenoemde redes en vir kerklike gebruik en kerkstatistiek.
Ons het selgroepe waar lede van die sel se selnommers op `n whatsapp groep gebruik sal word.
Ons vra vir mense om vir jou te bid indien jy gebed nodig het.
Ons plaas soms getuienisse op kerkgroepe of Facebook, om sodoende ander te motiveer en te stig. In so `n getuienis mag ons moontlik jou naam of `n foto gebruik, of selfs `n skakel na jou Facebook blad plaas. Hierdie gebruik van lidmate se persoonlike inligting is van groot waarde vir ons as gemeente.
Inpakassessering
Vir ons as gemeente beteken dit dat ons skriftelike toestemming moet verkry om alle bestaande en toekomstigde lidmaat inligting te mag besit of aan te vra. Totdat ons die voltooide skriftelike toestemming het, kan ons dus geen naam op enige afkondiging gebruik nie. Dit beteken niemand se besonderhede mag op die volgende maniere versprei word nie:
- Gebedslys
- Verjaarsdaglys
- Kalender
- WhatsApp groepe
- Sellyste
- Lidmaatskap-/doopregister
- Sondagskoolnaamlys
- Facebook/Youtube
- Webwerf
- Nuusbrief
- Afkondigings
- Naamlyste
Prosedure handleiding
Ons as Algoa Gemeenskapskerk onderneem om die volgende inligting vir die aangeduide redes te prosesseer:
Inligting | Rede en gebruik |
Naam Van Geboortedatum ID | Lidmaatskap-/Doopregister |
Telefoon nommers E-pos adres | Kommunikasie met lidmaat WhatsApp groepe w.v.t. |
Fisiese adres | Besoek aan lidmaat |
Foto’s, stemopnames, video | Getuienis van lidmate Sosiale mediaWebwerf |
Kriminele rekord | Jeugbediening – navraag by Dep. Maatskaplike Ontwikkeling |
Privaat korrespondensie | Klagte hantering |
Indiensnemingsrekord en vergoedingsinligting | Amptenare |
Finansiële inligting | Amptenare |
Opvoedkundige inligting | Jeugbediening |
Onderneming
Ons as die kerkraad van Algoa Gemeenskapskerk onderneem om:
- Alle lidmate se inligting as vertroulik te beskou.
- Alle moontlike maatreëls in plek te stel om die veilige bewaring van die inligting te verseker.
- Geen inligting te versprei behalwe vir kerklike gebruik, of deur die wet anders bepaal, nie.
- Geen persoonlike inligting te verkoop of te versprei vir bemarkings doeleindes nie.
Definisies
1. Algoa Gemeenskapskerk word beskou om te wees:
- Amptenare
- Kerkraad
- Selherders/hulpleiers
- Bedieningshoofde
- Werkende personeel/vrywiligers in bedieninge. Dit sluit in:
- Sondagskool personeel
- Kombuis personeel
- Groepleiers
2. Kerklike gebruik word beskou as:
- Data gebruik vir kerklike statestiek
- Name op gebedslys
- Name op vejaarsdaglys
- Verjaarsdae op kalender
- Name/nommers gebruik in afkondigings
- Name op sondagskool lyste
- Name/nommers op kospakkielys
- Nommers op WhatsApp groepe
Gemeente vorms
- Lidmaatinligting/toestemming (elektronies)
- Lidmaatinligting (aflaaibaar)
- Toestemming lidmate
- Toestemming gebedslys (nie gemeente lede)
- Gemeente beleid (volledig)
- Beswaar teen prosesseering
- Versoek om regsteling of vernietiging
Let wel. Alle voltooide vorms kan ingehandig word by die kerkkantoor, inligtingsbeampte of per e-pos na admin@algoa.org.za
Skakels na buite