AGTERGROND: Sondagskool lesse bestaan uit lesse vir Juniors en Seniors. Lesse vir die Juniors is vir Graad 4-6 geskryf en vir Seniors vir Graad 7-12. Lesse word in kleingroep-verband binne ‘n grootgroep aangebied. ‘n Fasiliteerder lei die grootgroep met leiers in die kleingroepe. Senior Sondagskool lesse bestaan uit EPIC lesse asook Sondagskool lesse.
Lesreeks: God die Heilige Gees
Hierdie mini-reeks oor die Heilige Gees, is deel van drie reekse oor die Drie-Eenheid wat vir Sondagskool geskryf is. Die eerste reeks fokus op God die Vader, die volgende God die Seun – Jesus Christus, en hierdie reeks op God die Heilige Gees. Elke reeks is gefokus op een van die Persone van die Drie Eenheid.
Ons het hierdie reeks by die Sondagskool asook by EPIC Jeug gedoen, jy sal dus twee lesse by elke tema sien. Sondagskool is die kort les en die EPIC Jeugles die langer les.
5. Wedergeboorte
Wedergeboorte is ‘n onderwerp wat baie moeilik is om te verstaan en aan kinders te verduidelik. Ons het dit so eenvoudig as moontlik probeer hou, sonder om iets van dit weg te vat.
Laai die Sondagskool Les hieronder af:
5. SONDAGSKOOL LES – Om weer gebore te word
Laai die EPIC Jeugles hieronder af:
Volg die skakel hieronder na die ander lesse in die reeks:
https://algoagemeenskapskerk.com/category/heilige-gees-sondagskool/