Personeelkamer Opening: 25. Manifes vir Korona-tyd

25. manifes in korona-tyd - groot

Hierdie is ons vyf en twintigste Personeelkamer Opening en is deur Stephan Joubert geskryf.

Manifes vir Korona-tyd

1. Die Here is my Herder. Hy lei my deur elke donker vallei en langs elke groen weiveld.

2. Ek laai graag ander se laste op my skouers. Dit gaan nie net oor myself in hierdie tyd nie. Omdat Christus my dra, is daar spasie vir ander mense in my lewe. Ek luister, bid en help graag waar ek kan.

3. Ek is ’n connoisseur of ’n fynkenner van goeie nuus. Ek weier om ’n slaafse oorverteller van goor gerugte en afbrekende verhale te wees. Daar’s oorgenoeg mense rondom my wat dit doen. Ek fokus eerder op God se goedheid en op al die goeie dinge wat mense steeds doen.

4. Ek verwag nie by voorbaat die slegste van ander nie. Nooit verlustig ek my daarin as owerhede, skole, kerke en ander rondom my sukkel om die regte koers te vind nie.

5. Ek vergelyk nie my eie omstandighede met ander mense s’n nie. Nooit sê ek nie dit kon erger gewees het nie. Dit is erg genoeg… en dit is goed genoeg!

6. Ek leef vrygewig. Ek deel uit dit wat ekself het.

7. Ek maak vrede met die onseker tye en omstandighede waarin ek myself bevind. Ek weet dinge sal nie gou weer na normaal terugkeer nie. Dit is hoe dit is.

8. Ek vind groter vreugde in eenvoud.

9. Ek leef met eerbied teenoor God en respekvol teenoor mense.

10. Ek weet ek het nie alles verloor nie. Die Here dra my. Hy dra al sy mense.

Toepassing:

Almal van ons gaan op die oomblik op een of ander manier deur ‘n moeilike tyd as gevolg van al die gevolge en onsekerhede rondom die koronavirus. HOE ek dit hanteer is egter ‘n KEUSE wat ek ELKE dag moet maak.

Maklik is dit beslis nie, maar met die regte gesindheid kan ek die lewe vir myself en die mense om ‘n bietjie makliker maak. Wees JY vandag die een wat anders praat en anders optree, ten spyte van dit wat rondom ons aangaan, laat dit vir die mense om jou hoop bring in ‘n baie donker tyd.

Laai die Personeelkamer Opening hieronder in PDF formaat af:

25. PERSONEELKAMER OPENING – ‘n Manifes vir Korona tyd

Volg die skakel hieronder na ons ander Personeelkamer Opening idees:

https://algoagemeenskapskerk.com/category/personeelkamer-opening/

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s