Personeelkamer Opening: 28. Die Tema van jou Boek

28. die tema van jou boek - groot

Hierdie is ons agt en twintigste Personeelkamer Opening.

Die Tema van jou Boek

As jy ‘n boek oor jóú lewe sou skryf, wat sal die titel wees?

Sal dit iets vertel van hoop, moed, vreugde en verwagting?

Of sal die temas meerendeels draai om jou swaar– en seerkry, jou pyn en beproewings … Jou vreugdelose bestaan?

Dalk het jy goeie rede om swaarmoedig na die lewe te kyk. Tog kan ons as kinders van God anders oor die lewe dink:

1. Jy word versorg! Jou liefdevolle Vader waak met deernis oor jou en sal elke dag van jou lewe na jou omsien.

2. Jy is vry! Wanneer Christus jou verlos het, is daar geen rede waarom jy jouself voortdurend oor jou eie gebrokenheid hoef te kruisig nie.

3. Jy is nie alleen nie! Die Trooster-Gees is elke oomblik by jou om jou te help skryf by jou om jou te help skryf aan jou lewensverhaal. Vra die Gees om jou daagliks met vreugde te verras, bid dat die Lig jou wêreld sal ophelder en weet dat die groot Versorger jou heeltyd met lewensblyheid en vrede wil seën.

Leef daarom vandag met verwagting omdat jy uitsien na ‘n heerlike hemeltuiste waar vervulling oorweldigend gaan wees.

Die Here is voor jou om die weg gelyk te maak. Die Here is agter jou om die aanvalle van die bose af te slaan. Die Here is langs jou om jou in Sy arms toe te vou. Die Here is rondom jou om jou te beskerm. Die Here is onder jou om jou te dra as jy val. Die Here is bokant jou om jou te seën.

Die Here is binne jou om jou te lei met Sy Heilige Gees. So seën God jou van nou af tot in ewigheid. AMEN

Laai die Personeelkamer Opening hieronder in PDF formaat af:

28. PERSONEELKAMER OPENING – Die tema van jou boek

Volg die skakel hieronder na ons ander Personeelkamer Opening idees:

https://algoagemeenskapskerk.com/category/personeelkamer-opening/

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s