Hierdie is ons twee en dertigste Personeelkamer Opening.
Hoe Begin jy jou Dag?
* Moses sou sê: “Here, as U nie saam ons vooruit gaan nie, laat ons dan net hier bly.”
* Abraham sou sê: “Die Here sal voorsien.”
* Jakob sou sê: “Ek sal U nie laat gaan, totdat U my geseën het nie”
* Josua sou sê: “Ek en my huis, ons sal die Here dien.”
* Samuel sou sê: “Spreek Here, U dienskneg luister.”
* Nehemia sou sê: “Die blydskap in die Here is my beskutting.”
* Dawid sou sê: “Die Here is my Herder, niks sal my onbreek nie” en “Dit is die dag wat die Here gemaak het, laat ons juig en bly wees.”
* Solomo sou sê: “Vertrou die Here met jou hele hart en leun nie op jou eie insigte nie, in alles wat jy doen maak dit bekend aan die Here en Hy sal jou paaie gelyk maak.”
* Jesaja sou sê: “Staan op, word verlig want jou lig kom en die heerlikheid van die Here gaan oor jou” en “Geen wapen wat teen jou gesmee word sal iets uitrig nie.”
* Jeremia sou sê: “Die Here het planne om my voorspoedig te maak en sal my nie teleurstel nie.”
* Jabes sou sê: “Dat U my sal seën en my grondgebied vermeerder”
* Sadrag, Mesag en Abednégo sou sê: “Ons buig voor geen beeld nie maar ons sal die Here dien”
* Esegiël sou sê: “Enige droë bene in my lewe, sal weer lewe”
Toepassing:
Waarmee begin JY jou dag? Woorde het krag, hetsy positief of negatief. Die manier hoe jy jou dag begin bepaal baie keer hoe dit gaan eindig. As ons KIES om positief te wees en in oorwinning te leef, dan verloop die dag gewoonlik bietjie makliker, en spring ons ook bietjie makliker oor die ‘hekkies in ons pad’. As ons die dag klaar negatief begin, dan raak alles gewoonlik net te veel en ‘cope’ ons nie so lekker met dit wat verkeerd loop nie.
KIES om dit saam met God te begin, klaar in die oorwinning!!
Laai die Personeelkamer Opening hieronder in PDF formaat af:
32. PERSONEELKAMER OPENING – Hoe begin jy jou dag
Volg die skakel hieronder na ons ander Personeelkamer Opening idees:
https://algoagemeenskapskerk.com/category/personeelkamer-opening/
Baie dankie, dit is so inspererend.
LikeLiked by 1 person