AGTERGROND: Sondagskool lesse bestaan uit lesse vir Juniors en Seniors. Lesse vir die Juniors is vir Graad 4-6 geskryf en vir Seniors vir Graad 7-12. Lesse word in kleingroep-verband binne ‘n grootgroep aangebied. ‘n Fasiliteerder lei die grootgroep met leiers in die kleingroepe. Senior Sondagskool lesse bestaan uit EPIC lesse asook Sondagskool lesse.
Wie is ek? – Senior
Hierdie les is die inleidingsles van die Senior Sondagskool lesreesks oor My identiteit in Christus.
In hierdie les kyk die kinders na hulle eie identiteit en maak ‘n logo wat hulle identiteit uitbeeld. Daarna maak die groepies elkeen ‘n uitbeelding uit klei met die tema: Wie is ek in Christus. Dis ‘n lekker praktiese les met heelwat aktiwiteite vir die kinders.
Hierdie les is aangepas uit die Dinkjeug les oor Identiteit Graad 6&7 bediening, Kwartaal 1 “Terugskooltoe” – Tema: Identiteit – http://dinkjeug.ngkerk.net/2017/04/18/527/
Die kleiresep kan by die skakel hieronder afgelaai word: https://algoagemeenskapskerk.wordpress.com/2017/09/27/kinderkerk-klei-resep/
Laai die les hieronder in PDF formaat af:
SONDAGSKOOL LES – 1. Wie is ek
Volg die skakel hieronder na ons ander Sondagskool Lesse oor My Identiteit in Christus:
https://algoagemeenskapskerk.com/category/identiteit-in-christus-sondagskool/page/1/
Volg die skakel hieronder na die Kinderkerk Lesse oor My Identiteit in Christus:
https://algoagemeenskapskerk.com/category/identiteit-in-christus-kinderkerk/