AGTERGROND: Sondagskool lesse bestaan uit lesse vir Juniors en Seniors. Lesse vir die Juniors is vir Graad 4-6 geskryf en vir Seniors vir Graad 7-12. Lesse word in kleingroep-verband binne ‘n grootgroep aangebied. ‘n Fasiliteerder lei die grootgroep met leiers in die kleingroepe. Senior Sondagskool lesse bestaan uit EPIC lesse asook Sondagskool lesse.
Die hemel is ‘n gratis geskenk – Senior
Hierdie les is die tweede les van die Senior Sondagskool lesreesks oor My identiteit in Christus.
Voordat ons kan leer van ons nuwe identiteit in Christus, moet ons eers stilstaan by wat Christus vir ons kom doen het. In hierdie les gesels ons daaroor dat dit onmoontlik is om op ons eie in die hemel te kom.
Die tema van die les word verduidelik aan die hand van twee speletjies wat die kinders speel, en dan tot die gevolgtrekking kom dat niks wat EK kan doen, my in die hemel kan bring nie, dis ‘n gratis geskenk uit God se hand.
Die les kan hieronder in PDF formaat afgelaai word:
SONDAGSKOOL LES – 2. Die hemel is ‘n gratis geskenk
Volg die skakel hieronder na ons ander Sondagskool Lesse oor My Identiteit in Christus:
https://algoagemeenskapskerk.com/category/identiteit-in-christus-sondagskool/page/1/
Volg die skakel hieronder na die Kinderkerk Lesse oor My Identiteit in Christus:
https://algoagemeenskapskerk.com/category/identiteit-in-christus-kinderkerk/