Paasfees Speletjies

Paasfees speletjies

Hier is so laaste-minuut Paasfees hulpbron. Ons hou môreaand ons gemeente Paasfeesherdenking en besef toe vanoggend dat ons eintlik ‘n lekker ysbreker kort om die aand mee af te skop. Ons het koppe bymekaar gesit en was sommer vinnig uitgesorteer. Ons deel dit graag met julle.

Paasfees ‘matching game’

Hierdie speletjie is baie eenvoudig, maar groot pret en ook ‘n lekker manier om jou kinders, of die groep waarmee jy werk, se kennis oor die Paasfees verhaal te toets. Sny al die dele van die speletjie uit sodat dit apart is. Daar is mense se name aan die een kant, en gebeure uit die Paasverhaal aan die ander kant. Die doel is om die regte naam met die regte gebeurtenis te laat ‘match’.

Laai die speletjie hieronder in word formaat af:

Paasfees matching game

Volg die skakel hieronder na die ander ‘matching-games’ op die Blog:

https://algoagemeenskapskerk.wordpress.com/2017/06/10/hulpbronne-bybel-matching-games/

Left-Right-Easter-Game:

Hierdie ysbreker is die gewilde “left-right-game”, ongelukkig in Engels, want hierdie een werk net nie in Afrikaans nie. Die deelneemers staan in ‘n sirkel, elkeen met ‘n lekker in die hand. Elke keer as ‘left’ gelees word gee ALMAL hulle lekker na die linkerkant, as ‘right’ gelees word, gee ALMAL hulle lekker na die regterkant.

Dit klink heel eenvoudig, maar glo my, hierdie ysbreker eindig ALTYD in ‘n gemors, want mense luister nie en is so ‘eager’ om die lekker aan te gee dat een gewoonlik met die helfte van die lekkers sit en die ander met niks!!

Laai die speletjies hieronder in pdf formaat af:

Left Right Bible Easter Game

Right Left Easter Game Story

Volg die skakel hieronder na die ander ‘left-right’ speletjies op die Blog:

https://algoagemeenskapskerk.wordpress.com/2017/06/24/hulpbronne-left-right-speletjies/

Paasfees Aasjag:

Hierdie is soortgelyk aan ‘n skattejag, maar dis makliker in die sin dat jy nie leidrade en items hoef weg te steek nie. Die kinders gaan soek dit wat op jou lys is, soos hulle dit vind merk hulle dit af en bring te saam na waar julle vergadering en die groepe of kinders dit vir mekaar wys.

Laai die aasjag hieronder af in word formaat:

Paasfees Aasjag

Volg die skakel hieronder na die ander Paasfees hulpbronne op die Blog:

https://algoagemeenskapskerk.wordpress.com/category/paasfees/

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

w

Connecting to %s