Kinderkerk Gebedstasies: Die Onse Vader

Die Onse Vader

AGTERGROND: Die Kinderkerk lesse word met ons kinders van Graad R-3 op ‘n Sondagoggend tyens die erediens gedoen. Ons kinders gaan na die Praise and Worship uit na die Kinderkerk toe. Die lesse is ongeveer 30 minute lank en is interaktief sodat die kinders speel speel die Bybelse waarhede kan ontdek.

Gebedstasies: Die Onse Vader

Hierdie gebedsaand kyk na die verskillende aspekte van die ‘Onse Vader’, en help die kinders om op ‘n kreatiewe, interaktiewe manier daaroor te bid. Dit kan in die vorm van gebedstasies gedoen word as julle logistiek dit toelaat.

Onse Vader wat in die hemel is: God is ons hemelse Vader, nie ons aardse Pa wat ons teleurstel nie. Leiers blaas bubbels buitekant terwyl die kinders vir God dankie sê dat Hy hulle hemelse Vader is en nie hulle aardse Pa nie.

Laat U naam geheilig word: Selfs al wil God hê ons moet Hom ons Vader noem, moet ons weet dat Hy steeds God is.  Dis soms moeilik om te verstaan Wie God is.  Kinders noem in die groepe spesiale dinge wat net God kan doen, en dat sê hulle vir Hom dankie dat Hy die enigste God is.

Laat U koninkryk kom; Laat U wil geskied, soos in die hemel, net so ook op die aarde:   Ons weet dat daar slegte dinge in die wêreld gebeur, ons bid dat ons families in vrede en liefde met mekaar sal leef.  As ons God se kinders is, moet ons elke dag leef soos God wil hê ons moet leef.  Die kleintjies gesels bietjie oor wat dit beteken om jou liggie vir Jesus te laat skyn en dan word ‘n ‘starlight’ vir elkeen aangesteek as teken vir hulle dat hulle hul liggies wil laat skyn vir Jesus.

Gee ons vandag ons daaglikse brood: God het in die woestyn elke dag vir die Israeliete manna gegee om te eet, en hulle het elke dag genoeg gehad om te eet. So sê God vir ons in hierdie gebed om Hom elke dag te vra vir dit wat ons van Hom nodig het. Die kinders eet ‘n stukkie brood terwyl hulle vir God dankie sê vir hoe Hy elke dag vir hulle sorg.

En vergeef ons ons skulde, soos ons ook ons skuldenaars vergewe: Gebruik ‘n swartbord en vra die kinders om goed op te noem wat ons doen wat God se hart seermaak, en skryf dit op die bord neer. Daarna vra jy hulle om goed te noem wat ander mense aan hulle doen wat hulle harte seermaak, skryf dit ook op die bord. Soos jy vir hulle van God se vergifnis verduidelik, vee jy dit wat ons verkeerd doen van die bord af. Daarna verduidelik jy dat omdat God ons vergewe, ons ook ander moet vergewe, dan vee jy dit wat hulle seermaak af. Laat die kinders dan daaroor bid.

En lei ons nie in versoeking nie, maar verlos ons van die Bose: Satan wil hê dat ons God moet los en teruggaan na hom toe. Maak ‘n wurmpie of treintjie – almal word geblinddoek, behalwe die leier wat voor loop. Soms wil ons vreeslik graag ‘n verkeerde ding doen en ons vra nou vir God om ons oë blind te maak vir verkeerde dinge en dat Hy ons sal help om die regte pad te stap.  Ons vra dat Hy verkeerde dinge van ons sal weghou.

Want aan U behoort die koninkryk, en die krag en die heerlikheid, tot in ewigheid, Amen. God is die Groot, Almagtige Koning van die hemel en die aarde, Hy het alles gemaak en alles behoort aan Hom.  Kom ons klap vir God hande oor Hy so goed en awesome is. Bid in groepies en sê vir God dankie dat Hy die Groot God is, en dat Hy ook Jou groot God en Vader kan wees. Daarna sing ons Glory om God se naam groot te maak.

Jericho Walls: Kom, Heilige Gees

Kom, Heilige Gees is ‘n nasionale gebedsinisiatief tien dae voor Pinkster 10-20 Mei 2018, met die oog op Pinkster en gebruik die “Onse Vader” as gebedsriglyn. Die riglyne is kort en bondig en kan maklik en op verskillende maniere gebruik word. Volg die skakel hieronder om die riglyne in Engels of Afrikaans af te laai.

http://jwipn.com/10-days-of-prayer-before-pentecost/

Volg die skakel hieronder na ons anderKinderkerk Gebedstasies:

https://algoagemeenskapskerk.com/category/kinderkerk-gebedstasies/

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s