Jesus het vir ons as gelowiges die ‘ Onse Vader’ as voorbeeld gebed kom gee om ons te leer hoe om te bid.
Baie van ons kinders sukkel om te bid, of weet glad nie hoe of wat om te bid nie, die ‘Onse Vader’ is dus ‘n baie goeie plek om te begin as ons hulle wil leer.
Jeug Gebedsaand: Onse Vader
Hierdie gebedsaand kyk na die verskillende aspekte van die ‘Onse Vader’, en help die kinders om op ‘n kreatiewe, interaktiewe manier daaroor te bid. Dit kan in die vorm van gebeds stasies gedoen word as julle logistiek dit toelaat.
Onse Vader wat in die hemel is, laat U naam geheilig word: God is ons hemelse Vader, nie ons aardse Pa wat ons teleurstel nie. Leiers blaas bubbels buitekant terwyl die kinders vir God dankie sê dat Hy hulle hemelse Vader is en nie hulle aardse Pa nie.
Laat U koninkryk kom; Laat U wil geskied, soos in die hemel, net so ook op die aarde: God wil graag Koning oor ELKE deel van jou lewe wees. Hy wil hê dat dit wat HY vir jou lewe wil hê BAIE belangriker sal wees as dit wat jyself wil hê. Elke kind steek ‘n T-light kersie aan terwyl hulle elke deel van hulle lewe aan God oorgee.
Gee ons vandag ons daaglikse brood: God het in die woestyn elke dag vir die Israeliete manna gegee om te eet, en hulle het elke dag genoeg gehad om te eet. So sê God vir ons in hierdie gebed om Hom elke dag te vra vir dit wat ons van Hom nodig het. Die kinders eet ‘n stukkie brood terwyl hulle vir God dankie sê vir hoe Hy elke dag vir hulle sorg.
En vergeef ons ons skulde, soos ons ook ons skuldenaars vergewe: Ons sonde is vir God soos ‘n swartsak vol stinkende ‘rubbish’, en dit maak skeiding tussen ons en God. God het egter ‘n plan gemaak deur Jesus, wat self nooit sonde gedoen het nie, te stuur om ons sondes op Hom te neem. Omdat God genade aan ONS bewys het, moet ons ook genade aan ander bewys. Nadat die kinders vergifnis vir hulle eie sondes gevra het, is dit tyd om die wat hulle seergemaak het te vergewe. Hy skryf die persoon se naam in die sand (as hulle reg is daarvoor), en soos hulle vergifnis oor die persoon uitspreek vee hulle die persoon in die sand uit as teken van vergifnis.
En lei ons nie in versoeking nie, maar verlos ons van die Bose: Die satan is baie besig, en hy is gedurig opsoek na maniere om jou terug te kry by hom. Hy sit verkeerde goed op jou pad, en laat jou aan verkeerde goed dink sodat hy jou kan ‘terugkry’. Kinders word geblinddoek terwyl hulle God vra om hulle nie in versoeking te lei nie, en hulle van die bose te verlos.
Want aan U behoort die koninkryk, en die krag en die heerlikheid, tot in ewigheid, Amen. God is die Groot, Almagtig Koning van die hemel en die aarde, Hy het alles gemaak en alles behoort aan Hom. Die kinders sê vir God dankie dat Hy die Groot God is, en dat Hy ook ONS God en Vader kan wees. Daarna sluit ons af met die liedjies 10 000 reasons en Lord I need You om God se naam groot te maak, en vir Hom te sê dat ons Hom in ons lewens nodig het.
Laai die dokument hieronder in PDF formaat af:
Jericho Walls: Kom, Heilige Gees
Kom, Heilige Gees is ‘n nasionale gebedsinisiatief tien dae voor Pinkster 10-20 Mei 2018, met die oog op Pinkster en gebruik die “Onse Vader” as gebedsriglyn. Die riglyne is kort en bondig en kan maklik en op verskillende maniere gebruik word. Volg die skakel hieronder om die riglyne in Engels of Afrikaans af te laai.
http://jwipn.com/10-days-of-prayer-before-pentecost/
Volg die skakel hieronder na ons ander Gebeds hulpbronne: