AGTERGROND: Die Kinderkerk lesse word met ons kinders van Graad R-3 op ‘n Sondagoggend tyens die erediens gedoen. Ons kinders gaan na die Praise and Worship uit na die Kinderkerk toe. Die lesse is ongeveer 30 minute lank en is interaktief sodat die kinders speel speel die Bybelse waarhede kan ontdek.
Ek is nie alleen nie
Hierdie les is deel van die Kinderkerk lesreeks: My identiteit in Christus.
God belowe nie net dat Hy met ons sal wees nie, maar gee ons ook ‘n familie genaamd die Kerk. In hierdie les leer die kinders dat die kerk meer as net ‘n gebou is, dis ‘n familie waarvan jy deel raak die dag wanneer jy jou lewe vir Jesus gee. Die kinders speel verskeie speletjies waardeur dit gedemonstreer word. Die verhaal van die uitstorting van die Heilige Gees en die geboorte van die kerk word gebruik om dit vir die kinders te verduidelik.
Laai die les hieronder in PDF formaat af:
KINDERKERK LES – 13. Ek is nie alleen nie
Volg die skakel hieronder na ons ander Kinderkerk Lesse oor My Identiteit in Christus:
https://algoagemeenskapskerk.com/category/identiteit-in-christus-kinderkerk/page/1/
Volg die skakel hieronder na ons Sondagskool Lesse oor My Identiteit in Christus:
https://algoagemeenskapskerk.com/category/identiteit-in-christus-sondagskool/