Sondagskool Les: 4. Vrugte van die Gees – Vreugde en Vrede

vrugte vd gees - vreugde en vrede 2

AGTERGROND: Sondagskool lesse bestaan uit lesse vir Juniors en Seniors. Lesse vir die Juniors is vir Graad 4-6 geskryf en vir Seniors vir Graad 7-12. Lesse word in kleingroep-verband binne ‘n grootgroep aangebied. ‘n Fasiliteerder lei die grootgroep met leiers in die kleingroepe. Senior Sondagskool lesse bestaan uit EPIC lesse asook Sondagskool lesse.

Vrugte van die Gees – Vreugde en Vrede

Hierdie is ‘n reeks vir die Senior Sondagskool groep oor die Vrugte van die Gees. Hierdie is die vierde les in die reeks en hier behandel ons die volgende twee vrugte van die Gees soos ons dit in Gal 5:22 kry – VREUGDE EN VREDE.

Ons begin die les met “happy face musical chairs” en verduidelik aan die kinders dat die Vrug van die Gees – Vreugde en Vrede van die Heilige Gees af kom, en dat dit nie ‘n menslike emosie is wat van besittings en omstandighede afhanklik is nie.

Die pragtige gelykenis van die verlore seun soos gevind in Luk 15:11-31, word gebruik om die Vrug van Vreugde aan die kinders te verduidelik.

Daarna word Filippense 4:6-7 saam met die koeldrankblikke illustrasie gebruik om die Vrug van Vrede aan die kinders te verduidelik.

Hier is die Video Clip wat ons tydens hierdie les gebruik het:

Laai die les hieronder in PDF formaat af:

JEUGLES – Vrugte van die Gees – Vreugde en Vrede

Volg die skakel hieronder na ons ander Sondagskool Lesse oor die Vrugte van die Gees:

https://algoagemeenskapskerk.com/category/vrugte-van-die-gees-sondagskool/

Volg die skakel hieronder na ons Kinderkerk Lesse oor die Vrugte van die Gees:

https://algoagemeenskapskerk.com/category/vrugte-van-die-gees-kinderkerk/

 

 

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s