Hoe meer ons in gesprekke met kinders kom, hoe meer besef ons hoe verward hulle is oor wat die basis, die fondament van ons Christelike geloof is, maak nie saak aan watter kerkgenootskap jy behoort nie, maar wat die Bybel ons leer.
Geloof:
Die kinders leer van verskillende gelowe in die skool, en het ook maats van ander gelowe, en dit verwar hulle nog meer. Die Heilige Gees het ons gelei om ons kinders toe te rus in die Waarheid volgens God se Woord – ons het drie lesse met die kinders gedoen wat handel oor Geloof. Hierdie is die eerste les en dis half in die vorm van ‘n Funaand, met die tema as Geloof.
1. FOR REAL OR NO WAY: Stellings van gebeure uit die Bybel word gemaak en die kinders moet na die “for real” of “no way” kant beweeg, afhangende van wat hulle glo waar is.
2. WAT IS GELOOF: Die kinders skryf ‘n definisie oor geloof en ons kyk na ‘n videoclip.
3. GELOOFSHELDE: Elke groep gaan nou die volgende Bybel figure bespreek: Abraham; Noag; Moses; Daniël. Hierdie manne word geloofshelde genoem. Wat is die rede daarvoor / wat het hulle gedoen om hierdie ‘titel’ te laat verdien. Gee voorbeelde.
4. AKTIWITEIT: Daar is vyf instruksies van wat om te maak, elke groep kies EEN en maak dit of uit die klei, of uit die Lego uit. Instruksies: Noag se ark met die diere; Abraham wat vir Isak offer, Daniël in die leeukuil, Daniël se vriende in die vuuroond; Moses wat die rots slaan en daar kom water uit.
Volg die skakel hieronder na die ander lesse oor Geloof:
https://algoagemeenskapskerk.com/category/geloof/
Volg die skakel hieronder na ons ander Funaande: