Sondagskool Les: 5. Vrugte van die Gees – Geduld en Selfbeheersing

vrugte vd gees - geduld en selfbeheersing

AGTERGROND: Sondagskool lesse bestaan uit lesse vir Juniors en Seniors. Lesse vir die Juniors is vir Graad 4-6 geskryf en vir Seniors vir Graad 7-12. Lesse word in kleingroep-verband binne ‘n grootgroep aangebied. ‘n Fasiliteerder lei die grootgroep met leiers in die kleingroepe. Senior Sondagskool lesse bestaan uit EPIC lesse asook Sondagskool lesse.

Vrugte van die Gees – Geduld en Selfbeheersing

Hierdie is ‘n reeks vir die Senior Sondagskool groep oor die Vrugte van die Gees. Hierdie is die vyfde les in die reeks en hier behandel ons die volgende vrugte van die Gees soos ons dit in Gal 5:22 kry – die GEDULD EN SELFBEHEERSING.

Hierdie les verloop so bietjie anders as die vorige lesse oor die Vrugte van die Gees. Die hele les sentreer rondom die ysbreker waarvoor ons die kinders 30 minute tyd gee.

Ons gee vir elke groep ‘n klomp LEGO blokkies wat in ‘n blok ys gevries is. Hulle taak is om dit te ontvries (mag nie onder water sit, of dit stukkend gooi nie), en ‘n vervoermiddel daaruit bou. Alles moet binne 30 minute gebeur.

Die omstandighede is perfek om ongeduldig te raak en jou selfbeheersing te verloor, want om alles te kroon is dit nog winter ook, wat hierdie taak nog moeiliker maak.

Wanneer die ysbreker voltooi is gesels ons dan oor geduld en selfbeheersing en dat dit soos al die ander Vrugte NIE van jou omstandighede afhang nie, maar dat dit deur die Heilige Gees vir jou geleer word.

Laai die les hieronder in PDF formaat af:

JEUGLES – Vrugte van die Gees – Geduld en Selfbeheersing

Volg die skakel hieronder na ons ander Sondagskool Lesse oor die Vrugte van die Gees:

https://algoagemeenskapskerk.com/category/vrugte-van-die-gees-sondagskool/

Volg die skakel hieronder na ons Kinderkerk Lesse oor die Vrugte van die Gees:

https://algoagemeenskapskerk.com/category/vrugte-van-die-gees-kinderkerk/

 

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s