AGTERGROND: Sondagskool lesse bestaan uit lesse vir Juniors en Seniors. Lesse vir die Juniors is vir Graad 4-6 geskryf en vir Seniors vir Graad 7-12. Lesse word in kleingroep-verband binne ‘n grootgroep aangebied. ‘n Fasiliteerder lei die grootgroep met leiers in die kleingroepe. Senior Sondagskool lesse bestaan uit EPIC lesse asook Sondagskool lesse.
‘n Reputasie van Sterk wees
‘n Reputasie word gebou deur iets oor en oor te doen. Indien jy die regte ding oor en oor doen, bou jy ‘n reputasie vir goed doen. As jy dus die verkeerde ding oor en oor doen, bou jy ‘n reputasie vir doen wat verkeerd is.
Hoe meer jy die regte ding doen hoe makliker sal dit word om die regte ding te doen. Ander sal ook sien dat jy ‘n sterk Christen is, iemand om na op te kyk.
Daniël se reputasie was heel duidelik baie sterk gewees. Maak nie saak in watter situasie hy homself bevind het nie. Hy het altyd gesorg dat hy God eer en nie toegelaat dat sleg sy lewe binnekom nie. Ons kan almal ‘n waardevolle les van Daniël leer oor hoe om ‘n sterk en Goddelike reputasie te bou.
In hierdie les kyk ons na hoe Daniël ‘n reputasie van sterk wees gebou het, en hoe ons dieselfde kan doen.
Laai die les hieronder in PDF formaat af:
2. SONDAGSKOOL LES – Die Profeet Daniël – ‘n Reputasie van sterk wees
Volg die skakel hieronder na die ander Sondagskool lesse in die mini-reeks: Leef soos Daniël:
https://algoagemeenskapskerk.com/category/leef-soos-daniel-sondagskool/
Volg die skakel hieronder na die Kinderkerk lesse in die mini-reeks: Leef soos Daniël:
https://algoagemeenskapskerk.com/category/leef-soos-daniel-kinderkerk/