Bybel Speletjies kan aktief of rustig van aard wees. Dit het ‘n Bybelse basis en sluit in PowerPoint Speletjies; Speed Dating; Wie’s wie in die Bybel; Would You Rather; Emoji’s; Charades; Minute-to-Win-it; Matching Games; Tic-Tac-Toe ens.
Bybel Scattergories
Hierdie is een van daai lekker speletjies wat geen voorbereiding nodig het nie. Scattergories is eintlik ‘n baie spoggerige woord vir ‘categories’, en dis waaroor die speletjie gaan.
Jy gee vir die deelnemers ‘n kategorie uit die Bybel – bv. vrou van die Bybel – en die instruskies is dat hulle name bv. net in die Ou Testament of Nuwe Testament mag voorkom, of jy gee vir hulle ‘n letter van die alfabet waarmee dit moet begin.
Daar is SO baie temas / kategorieë in die Bybel dat jy hierdie speletjie amper elke week kan speel net met ‘n ander kategorie.
Temas of kategorieë uit die Bybel wat goed werk is bv. Riviere, berge, diere, mans name, vrou name, konings, profete, dissipels van Jesus en so kan ek aangaan.
Ons sluit die speletjie vir julle in – daar is GEEN antwoorde bygevoeg nie, omdat daar soveel moontlikhede is. Dis egter ‘n goeie idee om wel ‘n paar voorbeelde by elke kategorie te kry as jy dit wel speel om jou deelnemers te help. Hierdie speletjie is ‘n wonderlike ysbreker vir volwasse selle.
Laai die dokumente hieronder af:
Volg die skakel hieronder na ons ander Bybel Speletjies:
https://algoagemeenskapskerk.com/category/bybel-speletjies/
Volg die skakel hieronder na ons Bybel Aktiwiteite:
https://algoagemeenskapskerk.com/category/bybel-aktiwiteite/
Volg die skakel hieronder na ons ander Speletjies:
https://algoagemeenskapskerk.com/category/speletjies/