Kinderkerk Les: 1. Inleiding – Voet Partytjie

inleiding

AGTERGROND: Die Kinderkerk lesse word met ons kinders van Graad R-3 op ‘n Sondagoggend tyens die erediens gedoen. Ons kinders gaan na die Praise and Worship uit na die Kinderkerk toe. Die lesse is ongeveer 30 minute lank en is interaktief sodat die kinders speel speel die Bybelse waarhede kan ontdek.

Voet Partytjie

Hierdie is die inleidende les in ons nuwe mini-reeks oor Daniël en sy drie vriende.  Ons gaan kyk hoe hulle as kinders van God die pad gestap het en hoe hulle in moeilike situasies moes opstaan vir dit waarin hulle geglo het.  Ons gaan leer hoe God hulle die krag gegee het om in elke situasie die regte ding te doen. Hierdie reeks is aangepas uit Kids Sunday School Place.

Tydens hierdie les hou ons ‘n voet partytjie.  Ons gaan ‘n klomp speletjies speel waarvoor ons ons voete moet gebruik.  Aan die einde van die speletjies word aan die kinders verduidelik hoekom hulle juis hulle voete vir die speletjies moes gebruik het.

Hier is twee video clip wat ons tydens die les geneem het:

Laai die les hieronder in PDF formaat af:

1. KINDERKERK LES – Inleidende les – Voet Partytjie

Volg die skakel hieronder na die ander Kinderkerk lesse in die mini-reeks: Leef soos Daniël:

https://algoagemeenskapskerk.com/category/leef-soos-daniel-kinderkerk/

Volg die skakel hieronder na die Sondagskool lesse in die mini-reeks: Leef soos Daniël:

https://algoagemeenskapskerk.com/category/leef-soos-daniel-sondagskool/

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s