Sondagskool Les: 1. Inleiding – Waarvoor staan jy?

inleiding

AGTERGROND: Sondagskool lesse bestaan uit lesse vir Juniors en Seniors. Lesse vir die Juniors is vir Graad 4-6 geskryf en vir Seniors vir Graad 7-12. Lesse word in kleingroep-verband binne ‘n grootgroep aangebied. ‘n Fasiliteerder lei die grootgroep met leiers in die kleingroepe. Senior Sondagskool lesse bestaan uit EPIC lesse asook Sondagskool lesse.

Inleiding – Waarvoor staan jy?

Hierdie is die inleidende les in ons nuwe mini-reeks oor Daniël en sy drie vriende.  Ons gaan kyk hoe hulle as kinders van God die pad gestap het en hoe hulle in moeilike situasies moes opstaan vir dit waarin hulle geglo het.  Ons gaan leer hoe God hulle die krag gegee het om in elke situasie die regte ding te doen. Hierdie reeks is aangepas uit Kids Sunday School Place.

Hierdie mini-reeks bestaan uit die volgende lesse:

  1. ‘n Reputasie van sterk wees.
  2. ‘n Reputasie van moed hê.
  3. ‘n Reputasie van Nederigheid
  4. ‘n Reputasie van Geloof
  5. Jou Keuse

In hierdie inleidende les speel die kinders ‘n paar speletjies rondom voete. ‘n Persoon se voete vertel ons twee baie belangrike dinge van hom/haar:  Waar staan hulle en waarheen hulle oppad is.  Iemand wat vas staan vir waarin hulle glo is ‘n eienskap wat mense bewonder.

Laai die les hieronder in PDF formaat af:

1. SONDAGSKOOL LES – Inleiding – Waarvoor staan jy

Volg die skakel hieronder na die ander Sondagskool lesse in die mini-reeks: Leef soos Daniël:

https://algoagemeenskapskerk.com/category/leef-soos-daniel-sondagskool/

Volg die skakel hieronder na die Kinderkerk lesse in die mini-reeks: Leef soos Daniël:

https://algoagemeenskapskerk.com/category/leef-soos-daniel-kinderkerk/

 

 

 

 

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s