Kinderkerk Speletjies 2

speletjies 2 - groot

Ons sien gereeld hoe mense opsoek is na speletjies vir Kinderkerk, en deel graag met julle dit wat ons met ons kleintjies gedoen het. Hierdie is die tweede Kinderkerk Speletjie post.

Kinderkerk Speletjies 2

Speletjie 1: Would you rather

Laat kinders in middel van vertrek staan en plak een aan een kant van vertrek en twee aan teenoorgestelde kant.  Lees die volgende stellings en kinders moet kies watter een hulle sal verkies en na daardie kant beweeg.

Lys van stellings:  Sal jy eerder…

  • In ‘n tee koppie wil bly of onder ‘n sampioen;
  • Reënboogkleure in jou hare wil hê of sebra strepe;
  • ‘n Hond wil hê wat meow of ‘n ka twat blaf;
  • Ontbyt met ‘n beer wil hê of aandete met ‘n walvis;
  • In ‘n swembad vol marshmallows wil spring of ‘n swembad vol jellie;
  • Stink asem hê of stink voete;
  • Vlieg of baie sterk wees;
  • Ruik soos ‘n hamburger of ruik soos ‘n hotdog;
  • Eerder olifant ore hê of ‘n dinosaur stert;
  • Heel dag nies of heel dag hik.

Speletjie 2: Telefoon Charades

Deel die kinders in groepies van vyf op. Laat elke groepie in ‘n ry staan.  Die speletjie werk soos volg:  Slegs die kind wat voor staan, kyk na jou.  Die ander in die ry staan na die teenoorgestelde muur en kyk.  Jy gaan ‘n aksie doen en die kinders wat voor staan moet oplet wat jy doen.  Dan moet hulle die kind wat volgende in hul ry is, aan die skouer tik dat daardie kind omdraai.  Hulle wys dan vir die kind die beweging wat hulle gesien het jy doen.  Hulle mag dit slegs een maal wys.  Dan tik daardie kind weer aan die een wat volgende in die ry staan en doen die beweging wat hy/sy gesien het by vorige kind.  Dit gaan so aan totdat die laaste een in die groep gewys is.  Die laastes in die groep wys dan die beweging vir jou en jy kyk wie sin lyk die meeste na jou oorspronklike beweging.

Lys van bewegings:

  1. Gaan vang vis in ‘n boot, vang ‘n vis, bak die vis.
  2. Stap na die yskas, haal melk uit, neem glas, gooi melk in glas en drink melk.
  3. Gaan sit op die bank, skakel tv aan en eet popcorn terwyl jy ‘n fliek kyk.
  4. Dribble ‘n bal, mik vir doel, gooi die bal in die net.

Speletjie 3:  Die beste speletjie

Jy gaan in hierdie speletjie op soek wees na sekere ‘talente’ en in die kleingroepies gaan die kinders kyk wie is die beste verteenwoordiger in hul groep. Dan gaan die verteenwoordigers uitkom en julle gaan kyk wie die beste voel doen aan dit waarna jy gesoek het.

Lys van talente:

  1. Die grootste duim
  2. Die vinnigste krappie stapper
  3. Die hoogste springer
  4. Die staar in iemand se oë sonder om te lag wenner
  5. Die vinnigste Alfabet singer (Afrikaans of Engels)
  6. Die kleinste skoen grootte
  7. Die grootste skoen grootte
  8. Die een wat die grootste borrel kan blaas
  9. Die een wat ‘n munstuk die langste kan spin
  10. Die een met die langste hare
  11. Die een wie se papier vliegtuig die verste vlieg
  12. Die meeste letters in jou naam

Laai die dokument hieronder af:

Kinderkerk Speletjies 2

Volg die skakel hieronder na ons ander Kinderkerk Hulpbronne:

https://algoagemeenskapskerk.com/category/kinderkerk/

One comment

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s