Ons sien gereeld hoe mense opsoek is na speletjies vir Kinderkerk, en deel graag met julle dit wat ons met ons kleintjies gedoen het. Hierdie is die eerste Kinderkerk Speletjie post.
Kinderkerk Speletjies: 1
Speletjie 1: Ballon tussen die kniee resies – Gee vir elke groepe en ballon. Kinders staan soos vorige speletjie in ‘n ry met die leier tien tree van hulle af. Nou sit die kind die ballon tussen sy/haar kniee. Die kind hop tot by die leier, hop om die leier en terug na die ry. Die ballon word dan vir die volgende kind gegee wat dieselfde doen. Speletjie gaan aan totdat almal ‘n beurtgehad het.
Speletjie 2:Druk die ballon aflos – Kinders staan twee-twee bymekaar. Gee vir die eerste paartjie ‘n ballon. Hulle kyk na mekaar en plaas ballon tussen mekaar by hul mae. Hulle moet nou so beweeg na die leier en om die leier sonder om die ballon te laat val. Speletjie gaan aan totdat almal ‘n beurt gehad het.
Speletjie 3: Hoola hoop – Elke groep kies een kind wat hulle dink die langste sal kan hoola hoop. Die kinders wat gekies is, staan op in hul groepe en die res sit. Op drie, gaan die kinders begin hoola hoop en ons gaan kyk wie die langste kan hoola.
Speletjie 4: Simon Say – Draw/Aksie (afhangende van binne of buite) – Simon Says: Doen wat die tannie sê of draw: Elke kind kry ‘n stuk papier, backing bord en pen ipv aksies wat Simon say moet hul teken wat Simon say.
Speletjie 5: Back to back draw – ‘n Seun en dogter sit rug teen rug en net een kry ‘n papier en kryt en die ander een sê vir sy maaitjie wat om te teken.
Laai die dokument hieronder af:
Volg die skakel hieronder na ons ander Kinderkerk Hulpbronne
[…] https://algoagemeenskapskerk.com/2018/10/04/kinderkerk-speletjies-1/ […]
LikeLike