Bybel Speletjies

bybel speletjies

Ons het heelwat Bybel Speletjies en Bybel Aktiwiteite op die Blog beskikbaar wat jy kan gebruik tydens ‘n Kinderkerk of Sondagskool les, of sommer net vir die pret.

Bybel Speletjies:

Boeke van die Bybel:

Om te weet waar om die Bybelboeke in die Bybel te vind, maak Bybel lees net soveel makliker, en om dit speel-speel te leer is gewoonlik die maklikste manier.

Ons het so paar hulpbronne in Afrikaans saamgestel wat dalk daarmee mag help. Jou kinders se ouderdomsgroep gaan natuurlik bepaal van watter hulpbronne jy gebruik sal maak. Hieronder is die skakel na die Boeke van die Ou en Nuwe Testament:

https://algoagemeenskapskerk.com/2018/05/23/bybel-aktiwiteite-boeke-van-die-ou-testament/

https://algoagemeenskapskerk.com/2018/05/22/bybel-aktiwiteite-boeke-van-die-nuwe-testament/

God se vreemde Opdragte:

Hierdie Bybelspeletjies is geskryf om jou te help om weer jou Bybel te leer ken. Om te besef dat die God van die Bybel se tyd, nogsteeds dieselfde God van vandag is, en dat dit tyd is dat ons Hom weer leer ken. In hierdie speletjie kyk ons na die vreemde opdragte wat God aan Sy kinders gegee het.

https://algoagemeenskapskerk.com/2018/09/07/bybel-speletjies-god-se-vreemde-opdragte/

Beroepe in die Bybel:

Hierdie speletjie kyk na die verskillende beroepe wat ons in die Bybel kry en wat hulle vandag sal wees.

https://algoagemeenskapskerk.com/2018/08/31/bybel-speletjies-beroepe-in-die-bybel/

Nommers in die Bybel:

Nommers in die Bybel gaan nie oor die betekenis van nommers nie, maar by watter gebeurtenisse in die Bybel die nommers voorkom. Kom loer gerus daarna en leer saam met ons en jou kinders. Hierdie speletjie werk ook baie goed vir volwasse selle.

https://algoagemeenskapskerk.com/2018/08/18/bybel-speletjies-nommers-in-die-bybel/

Ongelukke in die Bybel:

Weet jy hoeveel ongelukke daar in die Bybel is? Kan jy hulle opnoem? Kom kyk na die leidrade en leer weer bietjie iets nuuts saam met jou kinders.

https://algoagemeenskapskerk.com/2018/08/11/bybel-speletjies-ongelukke-in-die-bybel/

Kinders van die Bybel:

Kinders van die Bybel is ‘n lekker dink speletjie waar leidrade oor bekende kinders van die Bybel gegee word, en daar geraai moet word van wie gepraat word. Dis ideaal vir groter kinders asook vir selgroepe.

https://algoagemeenskapskerk.com/2018/08/10/bybel-speletjies-kinders-van-die-bybel/

Wat is die Konneksie:

Wat is die Konneksie is ‘n lekker dink-speletjie waar twee name uit die Bybel gegee word en jy moet raai wat die konneksie tussen hulle is.Van hulle is maklik soos Dawid en Goliat; en Josef en Maria, maar dan is daar ook heelwat moeiliker konneksies wat kinders dalk nie sal weet nie nie soos Elisa en Gehasi.

Ons het 30 verskillendes saamgestel, so daar is lekker baie om uit te kies en dit saam te stel vir die ouderdomsgroep waarmee jy werk.

https://algoagemeenskapskerk.com/2018/08/07/bybel-speletjies-wat-is-die-konneksie/

Diere van die Bybel:

In hierdie speletjie moet die kinders eers kyk hoeveel diere hulle kan opnoem wat in die Bybel voorkom. Daarna is daar 15 vrae oor spesifieke diere in die Bybel en wat hulle gedoen het, of wat die Bybel oor hulle sê. Elke vraag het ook ‘n teksvers by wat jy as leidraad kan gebruik as die kinders sukkel.

https://algoagemeenskapskerk.com/2018/08/09/bybel-speletjies-diere-van-die-bybel/

Bou die Bybel:

Hierdie is ‘n lekker aktiwiteit vir ‘n Bybel Funaand waarmee jy baie kreatief kan raak. Die kinders moet verskeie ‘landmerke’ in die Bybel bou. Jy kan ENIGE materiaal daarvoor gebruik, bokse, toiletrolletjies, bou blokkies, LEGO, afval houtjies ens.

https://algoagemeenskapskerk.com/2018/08/06/bybel-speletjies-bou-die-bybel/

Bybel Tic-Tac-Toe

Hierdie speletjie is dalk beter bekend as 0 en X. Wie van ons het dit nie as kind gespeel nie, en weet jy ons kinders speel dit vandag nog. Ons het op ‘n oulike ‘twist’ van hierdie speletjie afgekom en toe gedink hoe oulik dit in ‘n Bybel speletjie omskep kan word.

https://algoagemeenskapskerk.com/2018/08/05/bybel-speletjies-tic-tac-toe/

Bybel Speed-Dating:

Hierdie is een van die oulikste speletjies wat ons op ‘n lang tyd op afgekom het. As jy nuuskierig is, kom lees meer by die skakel hieronder:

https://algoagemeenskapskerk.com/2018/06/28/speletjies-bybel-speed-dating/

Wie’s wie in die Bybel?

Hierdie is ‘n lekker speletjie om kinders te help om hulle Bybelkennis te verbreed. Dit kan in ‘n klein groep of in ‘n groot groep gespeel word. Dis ook ‘n heerlike aktiwiteit vir volwasse selgroepe:

https://algoagemeenskapskerk.com/2018/02/15/speletjies-wies-wie-in-die-bybel/

Bybel Minute-to-Win-it:

Minute-to-Win-it speletjies is ‘n heerlike manier om die kinders besig te hou, en ‘n klomp lesse te leer. Ons het op ‘n Blog, HollysHome afgekom, wat die Minute-to-Win-it konsep gevat het en dit in Ou en Nuwe Testament speletjies omskep het.

https://algoagemeenskapskerk.com/2017/08/03/speletjies-bybels-minute-to-win-it/

Bybel Matching Games:

Bybel ‘matching games’ is een van die effektiefste maniere om kinders aan moeilike begrippe in die Bybel bloot te stel. Ons het ‘n verskeidenheid speletjies, almal in Afrikaans wat jy gratis kan aflaai:

https://algoagemeenskapskerk.com/2017/06/10/hulpbronne-bybel-matching-games/

Bybel Brain Teasers:

Brain Teasers is nie almal se ‘ding’ nie, maar as jy dit eers ‘gekop’ het geniet baie dit. Ons het dit in twee afdelings: gewone Brain Teaser en Bybel Brainteasers. Die Bybel Brain Teasers is in Afrikaans beskikbaar:

https://algoagemeenskapskerk.com/2017/05/25/hulpbronne-brainteasers/

Bybel Emoji Speletjies:

Ons het hierdie speletjie weer in twee afdelings: gewone Emoji’s en Bybel Emoji’s. Kom loer gerus daarna, ons kinders is GEK daaroor!

https://algoagemeenskapskerk.com/2018/05/06/speletjies-emoji-speletjies/

https://algoagemeenskapskerk.com/2018/02/03/speletjies-bybel-emojis/

Bybel Charades:

Ons het die kinders by ons EPIC Jeug groep so paar maande terug Bybel Charades laat speel net om te sien of hulle sal deelneem en dit geniet, en GROOT was die verrassing – hulle wou nie OPHOU nie!! Ons het dit beskikbaar in gewone chardes, lekker eenvoudig sodat die kleintjies dit ook sal kan speel, en natuurlik die Bybel weergawe:

https://algoagemeenskapskerk.com/2018/06/21/vakansiepret-speletjies-charades/

https://algoagemeenskapskerk.com/2018/01/16/sondagskool-idees-6/

Bybel Would You Rather…

Hierdie speletjie is ook in twee afdelings beskikbaar: gewone “Would You Rahter” en Bybel Would You Rather – alles in Afrikaans!

https://algoagemeenskapskerk.com/2018/02/03/speletjies-bybel-would-you-rather/

Bybel Hidden Pictures:

Hidden Pictures bly ‘n groot treffer in ons huis! Kom kyk na die groot verskeidenheid wat ons op die Blog het! Daar is ‘n hele klomp Bybel Hidden Pictures en ‘n klomp gewone hidden pictures, daar is ook vir alle ouderdomsgroepe.

https://algoagemeenskapskerk.com/2017/05/17/hulpbronne-versteekte-prente/

https://algoagemeenskapskerk.com/2017/08/30/kinderkerk-versteekte-prente/

Bybel Kopkrappers:

Bybel Kopkrappers is vir daai tye wanneer jy en die kinders nie lus het vir rondhardloop speletjies nie. Dis ‘n lekker ysbreker vir jeuggroepe sowel as volwasse selgroepe. Ons gaan ‘n klompie daarvan volgende week by ons volwasse sel en ons Jeuggroep se Bybelfunaande gebruik.

https://algoagemeenskapskerk.com/2017/06/20/hulpbronne-bybel-kopkrappers/

Bybel Geheime Kodes:

Geheime kodes is ‘n heerlike manier om ‘n les mee op te kikker en die kinders geniet dit altyd. Ons gebruik dit gereeld as ysbreker voor die les en die kinders kan nie vinnig genoeg werk om te kyk wie wen nie.

https://algoagemeenskapskerk.com/2018/07/05/bybel-aktiwiteite-geheime-kodes/

Bybel Woordsoek  Speletjies:

As jou kinders hou van wordsearch of woordsoek speletjies moet jy BESLIS hier ‘n draai kom maak! Ons het die skakels na twee webtuistes waar jy jou eie woordsoek speletjies gratis in die taal van jou keuse kan maak!

https://algoagemeenskapskerk.com/2017/06/28/hulpbronne-woordsoek-wordsearch/

Bybel Blokraaisels:

Een van die lekkerste aktiwiteite om met kinders te doen is ‘n blokraaisel of crossword puzzle. Die probleem is dat dit altyd in Engels is, en mens wil dit graag vir jou kinders in hulle eie taal laat doen. WEL, die probleem is opgelos!! Hier is twee websites waar jy dit self in jou eie taal – AFRIKAANS – kan maak! Ons gebruik dit gereeld en dis baie ‘userfriendly’ – volg net die instruksies.

https://algoagemeenskapskerk.com/2017/07/11/aktiwiteite-blokraaisels/

Volg die skakel hieronder na ons Speletjies:

https://algoagemeenskapskerk.com/category/speletjies/

Volg die skakel hieronder na ons Bybel Aktiwiteite:

https://algoagemeenskapskerk.com/category/bybel-aktiwiteite/

Volg die skakel hieronder na ons Bybel Speletjies:

https://algoagemeenskapskerk.com/category/bybel-speletjies/

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s