Bybel Speletjies kan aktief of rustig van aard wees. Dit het ‘n Bybelse basis en sluit in PowerPoint Speletjies; Speed Dating; Wie’s wie in die Bybel; Would You Rather; Emoji’s; Charades; Minute-to-Win-it; Matching Games; Tic-Tac-Toe ens.
God se Vreemde Opdragte:
Ons is SUPER opgewonde om hierdie speletjie met julle te deel, want dit maak die Bybel lewendig en intressant, en ons het LANK daaraan gewerk!
Hierdie Bybelspeletjies is geskryf om jou te help om weer jou Bybel te leer ken. Om te besef dat die God van die Bybel se tyd, nogsteeds dieselfde God van vandag is, en dat dit tyd is dat ons Hom weer leer ken. In hierdie speletjie kyk ons na die vreemde opdragte wat God aan Sy kinders gegee het.
Ander formaat:
Elke speletjie word in ‘n ander formaat aangebied met ander instruksies om die speletjies interessant te hou. Voordat met die speletjie begin word is daar ‘n paar leidrade rondom wie die persoon is aan wie die vreemde opdrag gegee word. Ons stel voor dat julle daarmee begin voordat die opdragte ‘ontsyfer’ word.
Ekstra Vrae:
Aan die einde van elke speletjie is daar ook ‘n paar ekstra vrae rondom die opdrag, of die persoon wat die opdrag ontvang het, om die speletjie sinvol te maak.
Mini-Profiele
God se Vreemde Opdragte is ‘n heerlike tema vir ‘n Bybelse Funaand, of ‘n aand saam met familie en vriende rondom God se Woord asook vir ‘n Volwasse sel. Die idee met die ‘mini-profiel’ van elke persoon wat ‘n vreemde opdrag ontvang het, is dat dit voor die tyd vir die deelnemers gewys word. Dit sal hulle goeie leidrade gee om die speletjies makliker te kan voltooi.
Kreatiwiteit:
Daar is soveel moontlikhede van HOE jy hierdie speletjies kan gebruik. Jy kan voor of saam met elke speletjie ‘n ysbreker speel wat iets met die tema van die opdrag of die persoon wat die opdrag moes uitvoer te doen het.
Jy kan ‘n hele aand van die speletjies maak en almal dit saam laat doen, of dit opbreek in verskillende aande of geleenthede. ‘n Skattejag of Aasjag (scavenger hunt) is ook ‘n wonderlike manier om die speletjie mee af te skop.
Laai die Speletjies hieronder in PDF formaat af:
Bybel Speletjie 10 – Jesus se dissipels
God se vreemde Opdragte – Instruksies vir die Speletjie
God se Vreemde Opdragte – Profiele
God se vreemde opdragte – Profiele PPT
Volg die skakel hieronder na ons ander Bybel Speletjies:
https://algoagemeenskapskerk.com/category/bybel-speletjies/
Volg die skakel hieronder na ons Bybel Aktiwiteite:
https://algoagemeenskapskerk.com/category/bybel-aktiwiteite/
Volg die skakel hieronder na ons ander Speletjies:
[…] https://algoagemeenskapskerk.com/2018/09/07/bybel-speletjies-god-se-vreemde-opdragte/ […]
LikeLike

[…] Bybel Speletjies: God se Vreemde Opdragte […]
LikeLike