Ons volgende Bybelvasvra kategorie is “God se vreemde opdragte”.
God se vreemde opdragte
Die Bybel is vol interessante verhale en gebeurtenisse waarvan baie van ons nie eers weet nie. Ons het so baie met die saamvoeg van hierdie kategorie geleer, en hoop julle en die kinders gaan net so baie daaruit leer.
God se vreemde opdragte is ook onder die Bybel Speletjies kategorie beskikbaar met interessante aktiwiteite om by die opdragte uit te kom. Volg gerus die skakel hieronder daarna:
https://algoagemeenskapskerk.com/2018/09/07/bybel-speletjies-god-se-vreemde-opdragte/
As jy hierdie kategorie vir ‘n aand op sy eie wil gebruik is die “Hoekom” ysbreker iets lekker om by die tema aan te sluit. Die ysbreker bestaan uit ‘n klomp simpel “hoekom” vrae waarop daar gee antwoorde is nie. Jy kan hierdie speletjie op baie maniere speel, en lekker kreatief daarmee raak.
Laai die “Vreemde Opdragte van God” en die “Hoekom” speletjie hieronder in PDF formaat af:
Bybelvasvra – God se vreemde opdragte
Volg die skakel hieronder na ons ander Bybelvasvra Idees:
https://algoagemeenskapskerk.com/category/bybelvasvra/