Jeug Alpha: Sessie 8: Hoe kan ek gevul word met die Heilige Gees?

8. groot - hoe kan ek gevul word met die HG

AGTERGROND: Sondagskool lesse bestaan uit lesse vir Juniors en Seniors. Lesse vir die Juniors is vir Graad 4-6 geskryf en vir Seniors vir Graad 7-12. Lesse word in kleingroep-verband binne ‘n grootgroep aangebied. ‘n Fasiliteerder lei die grootgroep met leiers in die kleingroepe. Senior Sondagskool lesse bestaan uit EPIC lesse asook Sondagskool lesse.

Senior Jeug Alpha

Ons groep EPIC Jeugleiers het so paar jaar gelede die uitdaging aanvaar om die Jeug Alpha se materiaal, wat net in Engels beskikbaar is, na Afrikaans te vertaal. Jeug Alpha is ‘n wonderlike manier om ‘n geloof-grondslag vir jou kinders te lê.

Die Video Clips is ongelukkig steeds in Engels, maar regtig baie oulik en ‘user friendly’. Jy kan die sessies met of sonder die video clips aanbied. As jy tyd en die hulpbronne het, sal ons egter aanbeveel dat jy die video clips gebruik.

Lees eers die Blogpost oor Jeug Alpha vir gratis toegang tot die video clips.

https://algoagemeenskapskerk.com/2019/06/14/internet-hulpbronne-jeug-alpha/

Sessie 8:  Hoe kan ek gevul word met die Heilige Gees?

Hierdie sessie is baie anders as die vorige sessies, daar is geen besprekings vrae deur die video clip nie.

Ons het ‘n bekerings sessie by ons materiaal bygesit, omdat baie van die kinders wat Alpha bywoon nie noodwendig christene is en al ‘n keuse vir Jesus gemaak het nie. Baie van ons kinders wat Alpha bywoon het nog nooit voorheen eers die evangelie gehoor nie.

En die ‘bottom line’ is: Jy kan nie gevul word met die Heilige Gees as jy nog nie tot bekering gekom het nie.

Die video clip vir hierdie sessie is ongelukkig nie meer op YouTube beskibaar nie. Jy kan dit gratis op Alpha se webtuiste aflaai as jy vir die kursus registreer.

Laai die les hieronder in PDF formaat af:

JEUGLES – Sessie 8 – Hoe kan ek gevul word met die Heilige Gees

Bekeringsgebed

Volg die skakel hieronder na die ander lesse in die reeks:

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s