Internet Hulpbronne: Jeug Alpha

jeug alpha - groot

Ons glo meeste van julle weet van, of het al die Alpha kursus met julle gemeentelede gedoen. Die Alpha kursus is ook vir die Jeug beskikbaar (ongelukkig net in Engels).

Ons EPIC Jeugleier het in 2015 die Jeug Alpha se materiaal na Afrikaans vertaal en aangepas om by die kultuur van ons kinders te pas. Ons gebruik die Engelse video clips, en doen dan die vertaalde Afrikaanse les met die kinders daarna.

Ons het hierdie jaar ervaar dat ons dit weer met ons kinders moet doen, en het hierdie jaar ‘n stappie verder gegaan en dit ook vir ons Graad R-6 groep aangepas. Ons post binnekort albei groepe se Afrikaanse materiaal vir julle.

Jeug Alpha

Jeug Alpha is werklik ‘n ‘awesome’ reeks om met jou kinders te doen, dit lê die fondasie van die christelike geloof op ‘n baie eenvoudige, interaktiewe manier. Een van ons gunsteling dinge rondom Alpha is dat dit die kinders kans gee om vrae oor kwessies te vra wat hulle nooit anders die geleentheid sou hê om te vra nie.

AL die materiaal is gratis op Alpha se webtuiste beskikbaar. Jy registreer jou Alpha kursus by hulle, en dit gee jou outomatiese toegang tot die geskrewe materiaal, asook die video clips.

Ons gaan ons skakel met julle deel, sodat julle na die materiaal kan kyk, maar indien julle besluit om die Alpha self by julle gemeente of skool te doen dan registreer julle self, en laai die materiaal dan gratis af.

Algoa Gemeenskapskerk se skakel:

https://run.alphasa.co.za/dashboard

Registreer julle Alpha:

alpha.org/run

 

 

13 comments

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s