AGTERGROND: Sondagskool lesse bestaan uit lesse vir Juniors en Seniors. Lesse vir die Juniors is vir Graad 4-6 geskryf en vir Seniors vir Graad 7-12. Lesse word in kleingroep-verband binne ‘n grootgroep aangebied. ‘n Fasiliteerder lei die grootgroep met leiers in die kleingroepe. Senior Sondagskool lesse bestaan uit EPIC lesse asook Sondagskool lesse.
Senior Jeug Alpha
Ons groep EPIC Jeugleiers het so paar jaar gelede die uitdaging aanvaar om die Jeug Alpha se materiaal, wat net in Engels beskikbaar is, na Afrikaans te vertaal. Jeug Alpha is ‘n wonderlike manier om ‘n geloof-grondslag vir jou kinders te lê.
Die Video Clips is ongelukkig steeds in Engels, maar regtig baie oulik en ‘user friendly’. Jy kan die sessies met of sonder die video clips aanbied. As jy tyd en die hulpbronne het, sal ons egter aanbeveel dat jy die video clips gebruik.
Lees eers die Blogpost oor Jeug Alpha vir gratis toegang tot die video clips.
https://algoagemeenskapskerk.com/2019/06/14/internet-hulpbronne-jeug-alpha/
Sessie 1: LEWE – Is dit dit?
Hierdie sessie begin met die ysbreker: “Truth of Dare”. Die ‘truth’ vrae is nie altyd lekker om te antwoord nie, maar baie beter as die ‘dares’. As ons dit geestelik deurtrek – dan is die ‘truth’ – Jesus – en die ‘dare’ is die lewe sonder Jesus, waarvan die uiteinde natuurlik die ewige hel is.
In hierdie sessie staan ons by die vraag stil: LEWE: Is dit dit? – Is daar meer aan die lewe as dit waarmee jy jouself elke dag besig hou? En as jy aanhou om jouself daarmee besig te hou wat gaan die gevolge wees?
Ons kyk spesifiek na die teksvers Joh 14:6 – waar Jesus sê: “Ek is die weg, die waarheid en die lewe.
Die video clip word gespeel, waartydens daar drie vrae is wat die kinders in die groepe moet beantwoord. Daarna staan ons in diepte by John 14:6 stil, en vra die volgende vrae:
- WAARHEEN is Jesus die pad?
- Wat en waarvan is Jesus die waarheid?
- Waarvan sal die Waarheid ons vrymaak?
- Wat beteken dit as Jesus sê Hy is die Lewe?
Die sessie word afgesluit met die volgende vra:
- Maak dit saak wat ons glo?
- Is God JOU tyd verwerd?
- Waarheen is JY oppad?
- Hoe lyk JOU pad/waarheid/lewe VANDAG – op hierdie oomblik?
Hier is die eerste sessie se video Clip:
Laai die les hieronder in PDF formaat af:
Jeug Alpha – Sessie 1 – LEWE – Is dit dit
Volg die skakel hieronder na die ander lesse in die reeks:
https://algoagemeenskapskerk.com/category/jeug-alpha-sondagskool/