Jeug Alpha: Inleiding

groot - inleiding

Jeug Alpha is werklik ‘n ‘awesome’ reeks om met jou kinders te doen, dit lê die fondasie van die christelike geloof op ‘n baie eenvoudige, interaktiewe manier.

Formaat:

Een van die idees rondom Alpha is dat die mense wat dit bywoon voor die tyd saam eet. Ongelukkig werk hierdie konsep nie so goed met die kinders nie, want tyd is altyd ‘n faktor omdat dit die volgende dag skool is.

Video Clips: 

Jy kan die Alpha kursus op twee maniere vir jou kinders aanbied, wat baie sal afhang van jou tyd en hulpbronne.

Die Alpha span het baie oulike video clips (ongelukkig in Engels) van elke sessie gemaak. Indien jy die tyd en die hulpbronne het sal ons voorstel dat jy die video clips gebruik, want dit dek jou inhoud en dis baie eenvoudig en interaktief gedoen.

Tydens elke video clip is daar drie vrae wat tydens die clip deur die groepe beantwoord word. Jy ‘pause’ die clip, en gaan dan aan na elke vraag.

Indien jy nie die tyd of die hulpbronne het nie, kan jy net ons materiaal gebruik wat volledig genoeg is om nogsteeds ‘n impak te maak.

Materiaal:

Ons groep EPIC Jeugleiers het so paar jaar gelede die uitdaging aanvaar om die Jeug Alpha se materiaal, wat net in Engels beskikbaar is, na Afrikaans te vertaal. Ons het hierdie jaar ervaar dat ons dit weer met ons kinders moet doen, en het hierdie jaar ‘n stappie verder gegaan en dit ook vir ons Graad R-6 groep aangepas.

Ons materiaal begin met ‘n ysbreker wat ons dan ‘process’. Daarna kyk die kinders die video clip met die drie vrae tydens die clip, en daarna som ons op wat gesê is. Die kinders kry daarna geleentheid om die video clip te bespreek na aanleiding van ‘n paar vrae.

Kleingroepe:

Besprekings in kleingroepe is die belangrikste deel van Alpha. Dit gee kinders die veilige ruimte om vrae oor kwessies te vra wat hulle nooit anders die geleenheid sou hê om te vra nie.

Heilige Gees Naweek:

Wanneer die sessies oor die Heilige Gees aangebied word, gaan die groep gewoonlik kamp om genoeg tyd te gee om met die kinders te werk. Indien finansies dit nie toelaat nie, kan julle dit oor ‘n naweek by julle kerk hou. Dit spaar baie geld, en maak dit ook moontlik vir kinders om dit by te woon wat dit dalk nie sou kon bywoon nie.

Opleiding:

Alpha is ‘n kursus wat onder leiding van die Heilige Gees aangebied moet word, dis nie iets ‘random’ wat jy net besluit om met jou kinders te doen nie. Alpha word afgebid en deurgebid voordat jy dit met jou kinders doen.

Alpha maak voorsiening vir opleidings materiaal vir jou leiers wat regtig ‘n wonderlike manier is om hulle deel van die proses te maak, en kans te gee om saam oor Alpha te bid.

Gratis materiaal:

AL die materiaal is gratis op Alpha se webtuiste beskikbaar. Jy registreer jou Alpha kursus by hulle, en dit gee jou outomatiese toegang tot die geskrewe Engelse materiaal, asook die video clips.

Ons begin van hierdie week af die Alpha Kinderkerk en Sondagskool lesse te post.

Registreer Alpha by:

alpha.org/run

Volg die skakel hieronder na die ander lesse in die reeks:

https://algoagemeenskapskerk.com/category/jeug-alpha-sondagskool/

 

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s