AGTERGROND: Die Kinderkerk lesse word met ons kinders van Graad R-3 op ‘n Sondagoggend tyens die erediens gedoen. Ons kinders gaan na die Praise and Worship uit na die Kinderkerk toe. Die lesse is ongeveer 30 minute lank en is interaktief sodat die kinders speel speel die Bybelse waarhede kan ontdek.
Lesreeks: Die Bybel
Hierdie reeks oor Die Bybel, is vir die Kinderkerk asook vir die Senior Sondagskool beskikbaar.
In hierdie Reeks behandel ons die volgende temas:
- Inleiding
- Die Bybel – God se Woorde
- Die Bybel – Die Lig op ons pad
- Die Bybel – Die Boodskap oor Nuwe Lewe in Christus
- Die Bybel – Die Swaard van die Waarheid
- Die Bybel – Die Bron van Wysheid
- Hersieningsles
- Die Bybel – Wees versigtig
- Die Bybel – Verstaan jy die Bybel?
- Die Bybel – Verstaan jou Bybel!
- Afdeling van Die Bybel – Ou Testament: Die Wetboeke
- Afdeling van Die Bybel – Ou Testament: Die Geskiedenis Boeke
- Afdeling van Die Bybel – Ou Testament: Die Gedigte Boeke
- Afdeling van Die Bybel – Ou Testament: Die Groot Profete Boeke
- Afdeling van Die Bybel – Ou Testament: Die Klein Profete Boeke
- Afdeling van Die Bybel – Nuwe Testament: Die Evangelies
- Afdeling van Die Bybel – Nuwe Testament: Die Geskiendenis Boek
- Afdeling van Die Bybel – Nuwe Testament: Briewe aan die Gemeentes
- Afdeling van Die Bybel – Nuwe Testament: Profetiese Boek – Openbaring
- Ou Testament Speletjies
- Nuwe Testament Speletjies
1. Inleiding
Die les se naam is koerant kaskenades, omdat alles rondom koerante gebeur.
Koerant lees is ‘n wonderlike manier om te weet wat in die wêreld aangaan. Ons kan lees van dinge wat in Suid-Afrika gebeur, maar ook in ander lande. Ons kan in ‘n koerant uitvind of ons gunsteling sportspanne hul wedstryde gewen het en wat die weer gaan doen. In hierdie les gaan ons bietjie iets anders met koerante doen, ons gaan speletjies daarmee speel.
Daar is baie nuus in ‘n koerant, maar God het vir ons ‘n wonderlike boek gegee het, met goeie nuus oor Jesus, die Bybel. Al is die Bybel baie, baie lank terug geskryf, is dit vandag steeds baie belangrik vir ons en moet ons dit elke dag nog meer as ‘n koerant lees. Ons gaan in hierdie lesreeks leer hoekom dit so belangrik is om ons Bybels te lees.
1. KINDERKERK LES – Die Bybel – Inleiding – Koerant kaskenades
2. Die Bybel God se Woorde
In hierdie les gesels ons bietjie oor maniere wat ons boodskappe vir mekaar kan stuur. Daar is baie maniere om dit te doen, en ons speel so klompie speletjies oor die verskillende maniere om ‘n boodskap oor te dra.
2. KINDERKERK LES – Die Bybel – God se Woorde
3. Die Bybel die Lig op ons Pad
Die les begin met die kinders wat buite staan, met hulle oë toe. Die seranio word geskep van hulle wat in ‘n donker woud is, en niks kan sien nie. Skielik onthou hulle van die flitslig in hulle sak. Toe hulle dit uithaal is dit maklik om die pad huistoe te vind.
Hulle gaan klassie toe, en vind die klas deurmekaar met goed wat rondlê. Hulle moet help om die klas skoon te maak, en ook die leier, wie se Bybel weg is, te soek.
Sonder God se Woord is ons soos iemand wat in die donker loop en nie weet waarheen om te gaan nie.
In hierdie les word die verhaal in 2 Konings 22:1-20 gebruik waar God se Wetboek weg was, en dat die volk nie geweet het hoe om te leef nie. Koning Josia wat baie lief vir God was, het die tempel laat skoonmaak, en God se Wetboek ontdek.
3. KINDERKERK LES- Die Bybel is – Die Lig op ons pad
4. Die Bybel die Boodskap oor Nuwe Lewe in Christus
Hierdie les gaan oor wedergeboorte, en ons het twee lesse oor die tema beskikbaar. Lees deur die lesse en kyk watter een die geskikste vir jou groep sal wees.
Les 1:
In hierdie les gebruik ons twee ysbrekers. Die eerste ysbreker is verander jou voorkoms, en vir die tweede ysbreker moet hulle iets uit rommel maak. Die storie: Die oogseer word dan vertel, terwyl die verteller dit prakties met twee huise demonstreer.
4.1 KINDERKERK LES – Die Boodskap oor nuwe lewe in Christus
Les 2:
Vir hierdie les word die ysbreker, sonde raak swaar gebruik. Een kind staan met arms uitgestrek, en die ander kinders laai boeke op die kind se hande totdat dit te swaar word.Die boeke stel die sondes van die kinders in die klas voor, en as dit SO swaar is, dink net hoe swaar die sondes van die hele wêreld vir Jesus moes wees. Hierna is daar ‘n kort poppekas met ‘n eenvoudige dialoog tussen Jesus en Nikodemus.
4.2 KINDERKERK LES – Die Boodskap oor nuwe lewe in Christus
5. Die Bybel die Swaard van die Waarheid
In hierdie les word Jesus wat deur die satan versoek word gebruik, om aan die kinders te verduidelik HOE die Woord as swaard gebruik word. Die kinders maak swaarde aan die begin van die les uit handdoekpapier rolle wat hulle dan aan die einde van die les gebruik om sonde mee weg te slaan.
5. KINDERKERK LES – Die Bybel is – Die Swaard van die Waarheid
6. Die Bybel die Bron van Wysheid
Hierdie is ‘n baie praktiese les. Die les begin met ‘n aktiwiteit om die konsep van fondasie aan die kleintjies te verduidelik. Jy kry vooraf twee vrywilligers, ‘n kind en ‘n grootmens. Die kind gaan op ‘n stoel sit, en die grootmens op ‘n “stability ball” soos wat in gyms gebruik word vir oefeninge, terwyl hulle veskillende instruksies moet volg. Die kind op die stoel se fondasie is stewig, terwyl die grootmens op die bal s’n onstabiel is.
Hierna word die gelykenis van die Huis op die rots en sand deur middel van ‘n illustrasie met twee huise wat uit styrofoam gesny is gedoen. Die video clip hieronder sal jou help om die instruksies vir die illustrasie beter te verstaan.
6. KINDERKERK LES – Die Bybel is – Die Bron van Wysheid
7. Hersieningsles
In hierdie les hersien ons dit wat ons die kwartaal met die kinders gedoen het. Ons het twee weergawes van hierdie les. Albei doen hersiening van elke deel van die reeks tot op hierdie stadium deur middel van speletjies en aktiwiteite.
Kyk gerus na albei, en besluit watter een vir jou kinders geskik is.
7. KINDERKERK LES – Hersieningsles
8. Wees versigtig
Die kinders leer in hierdie les dat dit belangrik is om die Bybel te ken, want daar is valse onderwysers in die wêreld wat vir jou wil jok rondom reg en verkeerd.
8. KINDERKERK LES – Wees versigtig
9. Verstaan jy die Bybel?
Die doel van hierdie les is om die uitleg van die Bybel aan die kleintjies te verduidelik, sodat hulle dit beter sal verstaan, en dus beter toegerus kan wees oor hoe om meer van God te leer. Om die ‘storie van die Bybel’ te verstaan, moet ons die hele Bybel lees en nie net sekere dele nie. Die manier hoe die Bybel uitgelê is in boeke en Testamente word ook kortliks aan die kinders verduidelik. Aan die einde doen hulle ‘n “dot-to-dot-Jesus” prentjie, om hulle daaraan te herinner dat die Bybel nie net ‘n storieboek is nie, maar die ‘storie oor God en Jesus en die Heilige Gees’.
9. KINDERKERK LES – Verstaan jy die Bybel
10. Verstaan jou Bybel!
Die uitleg van die Bybel word in hierdie les aan die hand van jou adres verduidelik: die Bybelboek, hoofstuk en versies. Die les word afgesluit met ‘n uitdeelstuk met strate en huisies om die les by die kinders vas te lê.
10. KINDERKERK LES – Verstaan jou Bybel – Bybel sleutels
11. Afdelings van die Ou Testament: Die Wetboeke
Van hierdie les af word die boeke van die Bybel vir die kinders geleer deur middel van bewegings. In hierdie les begin ons met die eerste 5 boeke van die Bybel, en voeg elke week boeke by.
Ons kyk ook na die verskillende afdelings waarin die Bybel verdeel is. Die eerste Afdeling is die Wetboeke wat uit bestaan Genesis, Eksodus, Levitikus, Numeri en Deuteronomium.
In hierdie les gesels ons oor wat reëls is, en watter reëls die kinders in hulle huise het. Die 10 gebooie word dan op ‘n praktiese manier aan die kinders verduidelik deur middel van bewegings.
11. KINDERKERK LES – Verstaan jou Bybel – Afdelings van die Ou Testament – Die Wet
11. Die Wet – Boeke van die Bybel
12. Afdelings van die Ou Testament: Geskiedenis Boeke
Hierdie is die tweede afdeling van die Ou Testament: Die Geskiedenis boeke en bestaan uit Josua; Rigters; Rut; 1 en 2 Samuel; 1 en 2 Konings; 1 en 2 Kronieke; Esra; Nehemia; Ester.
In hierdie les word ‘n klomp verskillende speletjies met die kinders gespeel om die geskiedenis van Israel op ‘n baie eenvoudige manier aan die kinders te verduidelik.
12. KINDERKERK LES – Verstaan jou Bybel – Afdelings van die Ou Testament – Die Geskiedenis Boeke
12. Geskiedenis Boeke – Boeke van die Bybel.docx
13. Afdelings van die Ou Testament: Die Gedigte boeke
Hierdie is die derde afdeling van die Ou Testament: Die Gedigte boeke en bestaan uit Job, Psalms, Spreuke, Prediker en Hooglied.
Die fokus van elke gedigte boek word deur middel van ‘n speletjie verduidelik.
13. KINDERKERK LES – Verstaan jou Bybel – Afdelings van die Ou Testament – Die Gedigte Boeke
13. Gedigte Boeke – Boeke van die Bybel
14. Afdelings van die Ou Testament: Groot Profete Boeke
Hierdie is die vierde afdeling van die Ou Testament: Die Groot Profete Boeke en bestaan uit Jesaja, Jeremia, Klaagliedere van Jeremia, Esegiël en Daniël.
In hierdie les word aan die kinders verduidelik wat die werk van ‘n profeet is deur middel van speletjies, en dat God se boodskap altyd waar is.
14. KINDERKERK LES – Verstaan jou Bybel – Afdeling van die Ou Testament – Die Groot Profete Boeke
14. Groot Profete Boeke – Boeke van die Bybel
15. Afdelings van die Ou Testament: Klein Profete Boeke
Hierdie is die vyfde afdeling van die Ou Testament: Die Klein Profete Boeke en bestaan uit Hoséa, Joël, Amos, Obádja, Jona, Miga, Nahum, Hábakuk, Sefánja, Haggai, Sagaría en Maleági.
Die klein profete is nie minder belangrik as die groot profete nie, die boeke is net kleiner. In hierdie les kyk ons verder na wat profete doen.
15. KINDERKERK LES – Verstaan jou Bybel – Afdelings van die Ou Testament – Die Klein Profete Boeke
15. Klein Profete Boeke – Boeke van die Bybel
16. Afdelings van die Nuwe Testament: Die Evangelies
In hierdie les begin ons na die Afdelings van die Nuwe Testament kyk. Die eerste groep is die Evangelies en bestaan uit Matteus, Markus, Lukas en Johannes.
Ons kyk na die hooftrekke uit Jesus se lewe deur middel van speletjies.
16. KINDERKERK LES – Verstaan jou Bybel – Afdeling van die Nuwe Testament – Die Evangelies
16. Die Evangelies – Boeke van die Bybel
17. Afdelings van die Nuwe Testament: Geskiedenis Boeke
Die volgende afdeling in die Nuwe Testament is die Geskiedenis boek en bestaan uit die Boek Handelinge. In hierdie boek leer ons meer oor hoe die kerk gebore is.
Ons deel ons verjaarsdag datums met mekaar en blaas servette om vir die kinders die uitstorting van die Heilige Gees te probeer verduidelik. Daarna groet die kinders mekaar in verskillende tale en sluit af met dominoes om die groei van die kerk te demonstreer.
17. KINDERKERK LES – Verstaan jou Bybel – Afdeling van die Nuwe Testament – Geskiedenis boek
17. Nuwe Testament Geskiedenis – Boeke van die Bybel
18. Afdelings van die Nuwe Testament: Briewe aan die Gemeentes
Hierdie is die derde afdeling in die Nuwe Testament nl. Die Briewe aan die Gemeentes. Hierdie afdeling bestaan uit die Boeke Korintiërs; Galasiërs; Efesiërs; Filippense; Kolossense; Tessalonisense; Timoteus; Titus; Filemon; Hebreërs; Jakobus; Petrus; Johannes en Judas.
Ons gesels so bietjie oor die verskillende soorte pos wat mens kry, en watter belangrike is en watter doel elkeen het. Elke kind kry daarna ‘n kans om ‘n spesiale, bemoedigende kaartjie te maak wat hulle na kerk vir iemand moet gee. Dan word daar oor die Briewe in die Bybel gesels.
18. Nuwe Testament Briewe – Boeke van die Bybel
19. Afdelings van die Nuwe Testament: Profetiese Boek – Openbaring
Hierdie is die negentiende, en laatste les in die Kinderkerk Lesreeks oor die Bybel. In hierdie les behandel ons die laaste boek in die Bybel – Openbaring, wat ‘n profetiese Boek is.
Aan die begin van Openbaring praat Jesus met sewe kerke. Hy gee hulle bietjie raad, vertel die kerke wat sal slim wees om te doen en wat nie. Hoe hulle moet maak om God tevrede te stel en Hy waarsku hulle ook. Ons speel ‘n paar speletjies om elkeen van hierdie aan die kinders te verduidelik.
19. Nuwe Testament Profetiese Boek – Openbaring – Boeke van die Bybel
20. Ou Testament Speletjies
Hierdie les kan as deel van die Kinderkerk Lesreeks oor die Bybel gebruik word, of as ‘n Funles op sy eie. Dit hersien basiese dele uit die Ou Testament deur middel van speletjies.
KINDERKERK – Ou Testament Speletjies
21. Nuwe Testament Speletjies
In hierdie les word basiese dele uit die Nuwe Testament hersien deur middel van speletjies.
KINDERKERK – Nuwe Testament Speletjies
Volg die skakel hieronder na ons ander Kinderkerk lesse:
https://algoagemeenskapskerk.com/category/kinderkerk-lesse/